Manlikheid

2017-03-30 06:02

VANDAG bietjie tong-in en tong-uit. Die lewe vereis dit soms.

Ons was drie teen die berghang – twee veertig-plus predikers en ek, laat twintig. In ou Afrikaans, honderde voete hoog op ’n onbetroubare berg. Groot, ruwe klipmassas en verbasend baie los klippe. Enkele bome wat hier en draai groei. Vêr na onder die gulsige see en skerp, skerp rotse.

Ek het eerste die inham bereik. Toe ek my hand uitsteek om die ouer man op te trek, trap ek op ’n dooie stomp, val bo-oor hom en tref die granietharde berg. Ek was dadelik bewusteloos en het soos ’n lappop teen die berg afgestort.

Maar vêr onder was die derde klimmer – so 49 jaar oud, Tweede Wêreld Oorlog-soldaat, uiters dapper, ysterhard van die oorlog en die stoeikryt, maar met die integriteit en deernis van ’n tortelduif. Toe klippe skielik op hom reën en hy opkyk, sien hy hoe ek onbeheers teen die rotse aftuimel. Hy dink net een keer, toe klouter hy haastig en plaas homself in my afwaartse pad. Hy gryp die naaste jong boom om hom te anker en gooi homself en die takke reg voor my in. Skriklike botsing.

Ons het laatmiddag die kampplek bereik – ek erg beseer en hý, ag nou ja, sommerso asof niks gebeur het nie. Ek wonder of ek hom ooit behoorlik bedank het. Maar ’n goeie kwarteeu later, toe hy oud en swak was, het ek hom soos ’n baba versorg, gewas, opgelig, sy motor bestuur, en toe hy sterf, hom begrawe en getreur.

Manlikheid. Die eienskappe van ’n moedige, dapper, betroubare, eerbare mens – die soort wat ek langs my in die oorlog sou wil hê. Integriteit sonder grense – karakter wat gemaak het dat ek lewe om die storie te vertel.

Ek sien in die media hoe ’n swart professor onlangs sy staal tydens ’n eksamen wys. ’n Jong, vroulike student moes eksamen skryf en terselfdertyd na haar baba omsien. Toe sit die prof sy status eenkant en belêka die baba op sy rug, kompleet met die kombers om sy professorale lyf gebind. En so stap hy toe tussen die rye studente deur om sy toesigwerk te doen. Dis hoendervleis-mooi.

Ek weet van ’n werknemer wat eendag ’n loterykaartjie by sy werk gekoop het om ’n motor te wen. Hy vra toe terloops vir sy besige werkgewer of hý ook ’n kaartjie wil hê. Hy koop toe sommer nog ’n kaartjie en betaal dit self. Sommer sy eie telefoonnommer verskaf en albei kaartjies gehou. Toe die trekking plaasvind, wen die kaartjie wat hy vir die baas gekoop het, sowaar die motor. Hy kon eenvoudig die twee kaartjies geruil het, maar hy het geweet watter een hy vir sy skatryk werkgewer gekoop het. Hy het die hoof by die besigheid daarvan gaan vertel, die man het lekker gelag en die nuwe motor so al laggend by sy vloot gevoeg. Die arm werknemer het lank daarna nog nie ’n kar kon koop nie – maar hy was nie skaam toe hy die aand in die spieël kyk nie. Integriteit. Manlik of vroulik – maak nie saak nie: die vrug van jou gedagtes, woorde of dade sê of jy in daardie liga hardloop.

Nog een ware verhaal. ’n Jong seun en sy pa kon een aand nie wag vir die visvangseisoen om teen twaalfuur die nag te open nie. Die tweestuks was lank voor die tyd al in ’n bootjie op die water. En toe – ’n paar minute voor twaalf gooi hulle solank die aas in en trek ’n pragvis uit die water. Die seuntjie was buite homself van vreugde. Maar die pappie het gesê: “Ons moet die vis teruggooi –

dis nog nie twaalfuur nie.” Manlikheid. Hy het die vis verloor, maar sy seun se respek en sy eie edelheid behou. “Stupid!” sal iemand dalk sê. Ek wil nie daaroor redekawel nie, maar ek weet die vader was eerbaar. Betroubaar. Karaktervol. Die soort mens waarvan legendes gemaak word.

Vir baie ouens is manlikheid dalk bloot bultende spiere, brute krag, selfs vrou-slaan of kinders boelie. Of die sterkste twak, lawaaiwater, ghetto-taalgebruik, kroeggevegte, baie meisies op ’n slag (en elkeen dink sy is die enigste); moeilikheid soek, slegsê, afskuwelike humeur.

“Man, ék sal jou sê wat manlik is,” vertel ’n horingoue oom toe hy by die kroeg uitkom en die joernalis hom voorkeer om sy opinie oor manlikheid te vra en om die geheim van sy opsigtelike hoë ouderdom uit te vind. Want ’n koerantskrywer is ’n nuuskierige wese, en die vet weet – hierdie man moet familie van Metusalag wees. “En ek sal jou sê (hik) hoe jy mooi oud kan word. Luister (hik) nou vir my: rook die sterkste twak; maak of jy jonk is en drink tot jy dronk is; moet nooit, nóóit – sê ek vir jou – net een vrou op ’n slag hê nie. Dis vir die (hik) voëls. Baie meisies, sê ek vir jou. En as ’n ou moeilikheid soek, slaat hom vol knoppe....”

“Sjoe, Oom, en na alles leef Oom sowaar nog! Mag ek vra, hoe oud is Oom?”

Hy sug. “Ou Seun – 23. Ek is 23 jaar oud.”

I rest my case.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.