‘Melkery ’n voorbeeld van vennootskap, transformasie’ - LUR

2017-09-28 06:00
< ’n Werker op Wittekleibosch, Mercy Bhambatha wys aan Mlibo Qoboshiyane, LUR, en Nowethu Msizi, ’n trustee van die onderneming, hoe koeie in die moderne melkstal gemelk word.                Foto:VERSKAF

< ’n Werker op Wittekleibosch, Mercy Bhambatha wys aan Mlibo Qoboshiyane, LUR, en Nowethu Msizi, ’n trustee van die onderneming, hoe koeie in die moderne melkstal gemelk word. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TRANSFORMASIE gaan nie net oor die aanstelling van swartmense in bestuursposisies in wit maatskappye nie, en dit gaan nie net oor die koop van aandele in wit maatskappye vir swartmense nie.

Die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het R32 miljoen belê in die oprigting van ’n nuwe 66-punt-melkery op die plaas Witte-kleibosch naby Tsitsikamma, waarvan die eienaars 152 AmaFengu families is wat jare gelede deur die apartheidsregering verwyder is.

“Soos ons vandag kan sien, gaan dit om ’n regering wat belê in swart besighede, die aanmoediging van sakevennootskappe tussen Suid-Afrikaners sodat almal kan deel in die ekonomiese geleenthede,” het Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming in die Oos-Kaap, gesê.

“Die amptelike ingebruikneming van hierdie melkery is bewys van die vennootskap tussen die AmaFengu en Johan du Plessis, die vorige eienaar van die plaas, om kommersieel melk te produseer wat aan Parmalat verkoop word.

“Dit is ’n voorbeeld van radikale transformasie wat nodig is om land se ekonomie te laat groei en werk te skep. Vir die ekonomie om te transformeer moet swart- en witmense saamwerk, veral landbouprodusente.

“As, en wanneer swartmense dieselfde aandag kry as wat beleggers en finansiers aan witmense en hul sake-idees gee, sal hulle in staat wees om besighede op te rig wat aan die hoofstroom van die ekonomie kan deelneem – nie net besighede wat afhanklik is van staatstenders nie.”

Qoboshiyane het gesê daar word te veel gepraat oor transformasie van die ekonomie, met soms min of geen werklike transformasie van die elemente van die ekonomie nie.

“Sedert die nuwe toerusting in gebruik geneem is, het die melkery reeds sowat 1,4 miljoen liter melk van Junie tot September geproduseer.

“Programme soos hierdie, waar die regering geld belê in grond wat behoort aan grondeienaars, in vennootskap met ’n wit boer en melk aan ’n kommersiële maatskappy verkoop, bewys watter wonderlike resultate ons kan kry wanneer ons die ekonomie transformeer,” het hy bygevoeg.

Een van die begunstigdes, Nowethu Msizi, was 42 jaar oud toe hulle van die plaas afgesit is. Sy het die opening van die melkery beskryf as ’n baie groot belegging.

Zilindile Blouw het gesê hul droom is nou om aan te beweeg en vennootskappe met kommersiële boere te sluit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.