Milo ry fiets saam beste vriend

2016-04-07 06:00
Morné Botha (10) en sy 5-jarige Jack Russell, Milo, laat die koppe behoorlik draai. Die unieke onpaar is al deur baie motoriste en inwoners in Beefwoodsingel opgemerk.                                           Foto: MONIQUE BASSON

Morné Botha (10) en sy 5-jarige Jack Russell, Milo, laat die koppe behoorlik draai. Die unieke onpaar is al deur baie motoriste en inwoners in Beefwoodsingel opgemerk. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

KAALVOETKLONG en gevlekte vriend.

Dié unieke ‘onpaar’ van Jeffreysbaai ry elke dag saam fiets. Die seun trap en die hond leun op die stuurstang.

Morné Botha (10) en sy 5-jarige Jack Russell, Milo, het verlede jaar vir die eerste keer saam begin fietsry.

Morné, ’n leerder van die Laerskool Jeffreysbaai, het uit die bloute besluit om Milo saam op sy fiets-eskapades te neem - sedert- dien is hulle onafskeidbaar. Hy hoef skaars sy fiets op te tel, of Milo is al stertswaaiend by - hondgereed vir sy daaglikse plesierrit.

Volgens Morné het hy Milo op sy fiets getel en gekyk of hy sal stilsit. “Daar sit hy toe, terwyl ek ry, en kyk na die wêreld sonder om een keer af te val.”

Milo anker hom op die blou fiets met sy agterpote op die skuins dwarsbalk en sy voorpote gemaklik oor die stuurstang - jy kan hom amper hoor lag van lekkerkry as die wind sy ore so laat wapper. Op en af . . . op en af in die straat. Ek is oortuig daarvan hy sit breëbek en glimlag.

Die fietspaar ry elke dag in die straat voor hul huis in Beefwoodsingel, Wavecrest.

Morné en Milo het al vele motoriste en inwoners se nek laat draai, maar die seun en sy vierpotige vriend is onbewus van die opskudding in die kleine wat hulle onder sommige inwoners veroorsaak. Solank hy net kaalvoet sy fiets se speke kan laat sing en sy beste vriend by hom het, is hy dolgelukkig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.