Moenie doeltreffende plaasskole sluit

2017-08-31 06:00

BYNA 2 000 plaasskole en ander kleiner skole in die Oos-Kaap kan sluit of saamgevoeg word as die LUR vir onderwys in die provinsie sy sin kry.

Maar die DA meen doeltreffende plaasskole behoort nie gesluit te word nie.

“Dit sal geen sin maak in gebiede sonder vervoer of koshuise vir leerlinge nie,” sê Edward van Vuuren, DA-LPW en provinsiale woordvoerder vir onderwys. “Ek het aan Mandla Makupula, LUR vir onderwys, en Fundile Gade, die voorsitter van die portefeuljekomitee oor onderwys, geskryf en versoek dat plaasskole wat doeltreffend bedryf word, oop moet bly.

“Ons kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Sou die afskaal van plaasskole voortgaan, sal groot getalle plaaswerkers se kinders aan die kortste end trek,” sê Van Vuuren.

Volgens Van Vuuren word 1 902 skole, meestal in afgeleë gebiede in die provinsie, deur die plan geraak. “Die departement het geen voorsiening gemaak vir bykomende (skole-)vervoer nie.

Daarbenewens is geen nuwe koshuise gebou om leerlinge wie se skole gesluit gaan word, te huisves nie.

“Die enigste gevolge is dat hierdie leerlinge gestrand sal wees, met geen ander keuse as om die skool te verlaat nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.