’n Besoek aan die Gamtoosvallei ’n moet

2017-08-17 06:00
Die uitsig van William Philip se besproeiingstonnel oor die Vallei is ongelooflik en word nie verniet die Bergvenster genoem nie.        Foto:VERSKAF

Die uitsig van William Philip se besproeiingstonnel oor die Vallei is ongelooflik en word nie verniet die Bergvenster genoem nie. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Besoek aan die Gamtoosvallei is iets wat elke inwoner en besoeker aan die Kouga net eenvoudig op hul doen-lysie moet sit.

Sorg dat jy stop by dit wat oor is van William Philip se besproeiingstonnel. Die sendeling en sy gemeentelede het dit in 1842 begin bou as deel van hul droom om die gemeenskap se landboubedrywighede te kan uitbrei.

Hy het self die rol van landmeter, ingenieur en bouer gespeel, met so-veel selfvertroue dat hy die manne aan beide kante van die rif laat begin grou het, 80m daarvan was rotse.

Twee jaar later het die twee groepe mekaar bereik en die tonnel was, ten spyte van skade deur oorstromings, vir meer as ‘n eeu lank in gebruik.

Die uitsig van hierdie punt oor die Vallei is ongelooflik en word nie verniet die Bergvenster genoem nie – onthou om genoeg foto’s te neem vir later se onthou.

Die pad deur die Vallei kronkel deur ongeskonde natuurskoon, lemoenboorde en groenteplase deur. Hier word sitrus, groente, aartappels, tabak en selfs neute en advo-kadopere verbou – die laaste wel hoofsaaklik vir plaaslike gebruik. Plaasopstalle spog elk met die mooiste tuine en vir groot gedeeltes van die jaar staan iets in die blom.

Die groot ontwikkeling by Sarah Baartman se graf - die Khoi-San vrou wat in die 18de eeu aan Europeers as ‘n frats “tentoongestel” is en in 2002 hier herbegrawe is – is reeds in aanbou.

Soek ook na die grootste sonhorlosie in Afrika, op 36,4m is dit nogals indrukwekkend. Die uitsig by Hankey se 9-putjie golfbaan is prentjiemooi.

Tolbos Kontreiwinkel en Restaurant en Padlangs is maar van die instellings en die bymekaarkomplekke op Patensie. Somer of winter, dit is altyd lekker om hier op die stoep op ‘n bank neer te sak en net te ontspan. Tolbos is ook Gamtoos se toerismekantoor en die personeel ken die antwoord op elke liewe vraag. Na ‘n heerlike hoenderpastei en plaasvars koffie besluit ons dit is tyd om na Queen Victoria se profiel te gaan soek.

Jy moet mooi kyk om die dame se profiel in die kloof neffens die pad raak te sien – maar dis soos daardie prent-jies waarmee hulle glo jou intelligensie toets – sien jy dit die eerste keer raak, kan jy dit nie weer mis nie.

By die Kouga Dam kan mens soms vra om deur die damwal te stap en plek plek raak jy lekker nat.

Sorg om ‘n spekboom by die plaaslike kwekery aan te koop.

Die Gamtoosvallei is ook die westelike toegangspunt tot die Baviaanskloofberge en Wildernisgebied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.