’n Das wat lekker pas vir elke liewe dag

2016-05-05 06:00
Koot Swanepoel, wat 2 481 unieke dasse in sy versameling het, wys van sy waardevolste dasse wat hy beoog om binnekort in Jeffreysbaai se Skulpiesmuseum uit te stal. Foto:WERNER HILLS

Koot Swanepoel, wat 2 481 unieke dasse in sy versameling het, wys van sy waardevolste dasse wat hy beoog om binnekort in Jeffreysbaai se Skulpiesmuseum uit te stal. Foto:WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERSLAWING is gewoonlik ’n ding wat weggesteek word, maar as dit om die nek geknoop en gedra word, dan moet ’n man maar uitpraat.

Koot Swanepoel van Jeffreysbaai is al 63, maar hy ont-hou nou nog sy eerste laerskooldas, (’n smal bloue met ligblou strepies), want vandat hy dáái das om sy nek geknoop het, het sy dasverslawing begin.

“Daar is net iets omtrent ’n das wat manlikheid en netheid skree,” sê Swanepoel en skuif sy das reg. “Al neem dit drie keer se knoop, my das mag nie te lank of te kort wees nie, en moet ’n perfekte samoesa-driehoekknoop hê.”

Die das om sy nek is slegs één van die 2 481 dasse wat hy gedurende sy leeftyd versamel het.

“Maar dis ook nie sommer eenvoudige, gekoopte dasse nie. Dit is unieke dasse; die soort wat geld nie kan koop nie.”

Swanepoel buk af en haal ’n das versigtig uit ’n sak.

“Dié das is in 1960 aan Suid-Afrikaanse atlete gegee wat daardie tyd vir die laaste keer aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.”

Dan spog hy met ’n grys das vol handtekeninge.

“Dié is oud-Springbok Frik du Preez se das. Hierop is die handtekeninge van rugbymanne soos Dawie de Vil-liers en Mannetjies Roux. Op ’n veiling is die das vir R35 000 waardeer.”

Ook ’n das van Clive ­Rice, voormalige kaptein van die nasionale krieketspan, is in Koot se trotse besit.

Selfs ’n pikswart das met die kenmerkende rooi sirkel en drie sewes van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) is in die versameling.

“Dit is my vriend, Eugène Terre’Blanche, se das.”

Volgens Swanepoel het hy en die AWB-leier saam in Klerksdorp gewoon en om braaivleisvure gekuier. “Maar dit is lank gelede. Die Here het intussen my hand geneem en my ’n hele nuwe pad gewys.”

Hy het selfs ’n das van ds. Jannie Pelser, ’n predikant by die Rant-en-Dal-gemeenskaps­kerk aan die Gautengse Wes-Rand, se nek afgehaal nadat Pelser se diens hom diep geraak het.

Pelser is nie die enigste wat al sy das aan Swanepoel moes afstaan nie.

Prof. Jonathan ­Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, vreemdelinge in winkelsentrums en talle ander by troues het al op Swanepoel se vriendelike versoek das losgeknoop en aan hom oorhandig.

“Ek stel myself altyd voor as die man met die grootste, mees unieke dasversameling in Suid-Afrika en dan weier ek om hulle te los tot ek die das het,” skerts Swanepoel.

Tog meen hy sy versameling sal eers werklik volledig wees wanneer hy die legendariese Suid-Afrikaanse gholfspeler Gary Player se das, wat hy saam met sy groen baadjie ontvang het, by die duisende ander dasse kan voeg.

Intussen versamel en bewonder hy elke “storie” wat die embleme op dasse hom “vertel” en is hy van plan om sy bykans 3 000 dasse met hul stories in die dorp se Skul-piesmuseum uit te stal.

“Net soos die uitstal van skulpies ’n eerste is, sal my dasversameling ook ’n eerste wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.