’n Wildrit, voëlparadys op jou voorstoep

2017-09-07 06:01
Gepantser teen die koue: in die bewolkte weer kan die windjie in die veld koel wees. Die atmosfeer word aangehelp deur ’n kombuis met ’n egte plaasgevoel, ’n sementdam wat so effens opgeskaal is met ’n houtdek en ’n sementblad vir braai of sommer net om die vuur kuier.                                                Foto’s:MONIQUE BASSON

Gepantser teen die koue: in die bewolkte weer kan die windjie in die veld koel wees. Die atmosfeer word aangehelp deur ’n kombuis met ’n egte plaasgevoel, ’n sementdam wat so effens opgeskaal is met ’n houtdek en ’n sementblad vir braai of sommer net om die vuur kuier. Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AL met die slingerteerpad langs, deur indrukwekkende berglandskappe, verby fynbos voer die R330 ons tot by Pabala-wildsplaas sowat 30km anderkant Jeffreysbaai tussen Hankey en Patensie.

Buite staan die wildkykvoertuig gereed en ons kry gou ons sit vir die halfdag safaririt - gewapen met ’n kamera en warm baadjie om die koue te trotseer.

So tussen die verhale oor die wildsplaas en die rehabilitasie van wilde diere, vertel plaasbestuuder Anka van Rooyen dat daar ’n wye verskeidenheid wild en voëlspesies hier gevestig is. Ons hoor ons moet uitkyk vir blouwildebeeste, wit en bruin blesbokke, saalrug-blesbokke, rooibokke, koedoes, blesbokke, duikers, njalas, sebras en ’n magdom geveerdes

Ons is skaars deur die hoë hek of ons sien ons eerste diere: rooibokke. Neffens hulle wei ’n groepie sebras en blouwildebeeste.

“Die wildrit duur gewoonlik ongeveer twee ure, maar as ons iets interessants sien en effens langer kuier, is dit ’n bonus,” vertel Van Rooyen, en ek sien dat die gedagte almal ge-val. Hoe langer jy in die veld tussen die diere kan wees, hoe beter.

Na vele kronkelpaaie, vat Van Rooyen die pad na hul boskombuis.

Hier kan besoekers na hartelus aan geurige potjiekos en tuisgemaakte brood smul. Dit is die ideale plek vir familietyd of lekker kuier saam met vriende of kollegas.

’n ‘Opgradeerde’ sementdam met ’n houtdek en ’n sementblad vir braai of om-die-vuur- kuier spel “egte plaas”.

Wanneer ons op die dek by die kombuis sit, strek die natuur eindeloos en ongerep voor ons uit. Die stilte is oordonderend. Dis die ding omtrent dié kontinent: Afrika kruip in jou bloed in.

Die stilte van die veld, die koel windjie in ons hare en die rustigheid van die diere is diep in ons hart gebêre.

Pabala-wildsplaas is ’n wonderlike wegbreekbestemming, waar jy lekker naby aan die natuur jou batterye kan herlaai.

  • ’n Shuttle vertrek daagliks om 09:00 vanaf gastehuise en keer weer om 15:00 terug. ’n Minimum van ses persone en ’n maksimum van 16 kan op die safaririt gaan.

Die koste is R1 500 per persoon.

Besprekings is noodsaaklik.

Vir meer inligting, skakel 083 246 9494, stuur ’n epos na info@pabalagamefarm.co.za of besoek www.pabalagamefarm.co.za.

  • Pabala spog met ’n selfsorg-kothuis en vyf luukse tente vir diegene wat wil oorbly. Daar is ook 10 staanplekke vir tente.
  • Die kombuis- en badkamergeriewe is van puik gehalte.
  • Daar is 24-uur diens beskikbaar op die perseel.
  • Vier staproetes van tussen 500m en 2km kry die litte los.

Die roetes neem stappers deur bosse, verby yslike bome tot hoog op koppies wat oor die plaas waghou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.