Nostalgie, liefde inspireer CD

2016-12-08 06:01
Amanda Lamprecht het onlangs haar CD Alles Wat Jy Lief Het, uitgereik. Op die CD sing sy van Jeffreysbaai.            Foto: VERSKAF

Amanda Lamprecht het onlangs haar CD Alles Wat Jy Lief Het, uitgereik. Op die CD sing sy van Jeffreysbaai. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

BRANDERPLANK . . . nat swemklere . . . taai southare . . .see . . . liefde . . .

Dít is die inspirasie agter die internasio-nale erkende sangeres en liedjieskrywer, Amanda Lamprectht, se liedjie Jeffreysbaai op haar nuwe CD Alles Wat Jy Lief Het.

“Almal van ons onthou daardie een nostalgiese somervakansie: son, see, liefde, vriendskap, lag, pret en sorgvrye ure,” sê Amanda wat in haar 15 jaar in die musiekbedryf al diep spore getrap het. “Ek en my kêrel het gereeld met ons Volkswagen Golf - branderplank tussen ons - op Jeffreysbaai vakansie gehou. Ek onthou nog die nat swemklere, die sout seewater in ons hare en musiek wat oor die radio blaas. Dit was ’n fees.

“Met my lied oor Jeffreysbaai, wil ek daar-die ontspanne en gelukkege somervakansie-gevoel weergee.”

As dit kom by liedjieskryf, sê Amanda, is daar baie verskillende temas wat sy op haar nuwe album aanraak. Sy sing oor dinge soos liefde, teleurstellings, oorwinnings, vreugde en selfs vrede.

Daar is ’n lied vir elke emosie, hetsy die luisteraar kwaad of gelukkig is, romanties voel, een vir laf wees, en ’n lied vir diep denke.

“Elke liedjie op my album het ’n sterk boodskap,” sê sy.

Alles Wat Jy Lief Het is in Seattle, Amanda se tuisdorp, en Stellenbosch opgeneem.

Volgens Amanda inspireer kuns in alle vorme haar - ’n mooi tuin, musiek, die see, gesonde kos, mooi gedigte, edelgesteentes en die sterre.

Haar CD Far and Wide is einde 2014 onder leiding van musiek-regisseur en studio-eienaar Jonathan Plum by London Bridge Studio in Seattle opgeneem.

Amanda is in Kaapstad gebore en het in Port Elizabeth skool gegaan. Na etlike jare in Gauteng het sy in 1999 na Amerika getrek, en toe na Seattle verhuis.

As sy nie sing nie, skryf sy musiek, speel viool, skilder en gee yoga-klasse. Verder doen sy personeelwerwings op haar rekenaar. Sy is ook lief vir kosmaak en bak.

Volgens Amanda sal sy graag by die see wil aftree, en Jeffreysbaai sal die ideale plek wees.

Luister na Jeffreysbaai by https://youtu.be/-ccSsOpzwBc.

WEN! WEN! WEN!

Drie Kouga Express-lesers kan elk Amanda Lamprecht se CD Alles Wat Jy Lief Het wen.

Om in te skryf, gaan na die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - en vind die onderstaande foto. Tik die naam van een van die liedjies wat op die CD verskyn, in die kommentaarblok. Die kompetisie sluit om 12:00 op 13 Desember.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.