Nuwe koerant vir Cradock, omstreke

2017-08-31 06:00

MEDIA24, uitgewer van Die Burger, gaan eersdaags ’n gratis plaaslike koerant op Cradock, Middelburg en omstreke publiseer om vars, plaaslike nuus elke week aan die gemeenskappe van dié gebied te bring.

Volgens Tasmia Ismail, hoofbestuurder van Die Burger in die Oos-Kaap en EP Media, sal die eerste uitgawe van die kontreikoerant, die Mid-Karoo Express, op Donderdag 5 Oktober vanjaar die lig sien. Dit is net ’n dag voor die gewilde Visrivier-kanomarathon op Cradock wegspring.

“Altesame 12 000 eksemplare van die Mid-Karoo Express sal elke week op ’n Donderdag versprei word op dorpe soos Cradock, Middelburg, Somerset-Oos, Cookhouse, Bedford, Adelaide en Fort Beaufort,” het Ismail gesê.

“Dit is gratis koerante en gee aan mense van die gebied die geleentheid om al hul plaaslike nuus te lees. EP Media bring reeds agt baie suksesvolle plaaslike koerante aan die mense van die Oos-Kaap. Twee van die koerante, PE Express en UD Nuus, is vanjaar onderskeidelik 34 en 46 jaar oud. Twee nuwe koerante is ook sedert Februarie verlede jaar op Queenstown en King Wil­liam’s Town begin, en is baie goed in daardie gemeenskappe ontvang.

“Die Cradock- en Middelburg-gebied is die enigste gebied in die Oos-Kaap waar Media24 nog nie ’n gratis plaaslike koerant gepubliseer het nie. Die belangstelling wat ons reeds van adverteerders ontvang het, is ’n goeie aanduiding dat daar ’n groot behoefte aan so ’n koerant vir die gemeenskap is,” het Ismail gesê.

Volgens die koerant se redakteur, Bettie Giliomee, sal die Mid-Karoo Express nie net ’n bron van plaaslike nuus vir die gemeenskap wees nie, maar ook leesstof van goeie gehalte gratis bring aan mense wat nie altyd in staat is om vir leesstof te betaal nie.

Die Mid-Karoo Express se redaksionele inhoud sal onder meer skole-, munisipale, sport- en motornuus insluit. Daar sal ook veral gefokus word op landbounuus, asook profielstories oor plaaslike mense. Die inhoud sal Afrikaans en Engels wees.

Die verspreidingsyfers van EP Media se plaaslike koerante word deur die gerekende, onafhanklike Audit Bureau of Circulations (ABCs) geverifieer.

  • Vir redaksionele navrae, bel Bettie Giliomee by 041 503 6057 of stuur e-pos aan elizabethg@media24.com. Vir advertensienavrae, bel Tasmia Ismail by 041 503 6013 of stuur e-pos aan tasmia.ismail@opkoerante.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.