Nuwe waterjaar ‘bring groot beperkings’

2017-06-01 06:01

SITRUS- en groenteboere in die Gamtoosvallei staal hulle vir drastiese waterbeperkings wanneer die nuwe waterjaar op 1 Julie in werking tree.

Die watervlak van die Kougadam, wat water aan die boere, asook die Nelson Mandelabaai-metro verskaf, was Maandag slegs 21,12%, en daar is geen goeie vooruitsigte op reën in die opvanggebied van die dam in die afsienbare tyd nie.

Volgens Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad, wat die Kougadam bedryf, is harde, deurdringende reën nodig wat die vlak van die dam beduidend sal laat styg om verligting te bring.

“Ja, die beperkings op die Kougadam sal drasties wees. Ek wil nie eens ’n kans waag oor wat dit gaan wees nie.

“Produsente het verskillende benaderings. Groenteboere kan minder plant, maar sitrusboere moet besluit of hulle van dag een af minder gaan besproei en dan ’n deel van die volgende oes verloor en of hulle voluit aangaan in die hoop dat die dam se vlak binne twee of drie maande aansienlik sal styg.

“Ons wil nie voorskriftelik wees nie. Al die boere besef die erns van die situasie en sal dit bestuur hoe hulle goeddink,” aldus Joubert.

Volgens hom reën dit minder in die winter, maar dan is die vraag na water ook minder as in die warm, langer somerdae.

Afgesien daarvan dat die Gamtoosvallei ’n belangrike sitrusgebied is wat elke jaar miljoene kartonne vrugte uitvoer, staan dit ook bekend as die spens van die Oos-Kaap vanweë die groente wat hier geproduseer word.

Volgens Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging, is die situasie kritiek. “Ons besproeiingstelsel het ’n unieke stelsel waarin jou waterkraan toegesluit word as jy jou kwota water opgebruik het.

“Die gebied se normale reën, wat gewoonlik in November, Desember en Maart val, het nie hierdie keer uitgesak nie. En sonder water sal jy uiteraard produksieverliese ly.

“Volgens weervoorspellers gaan die streek weer ’n droë fase binne. Maar hulle is gelukkig nie die een wat die ­reën bring nie. In die tussentyd, sal ons, as gelowiges, optimisties en positief bly,” aldus Du Preez.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.