Om ‘anders’ én sterk te wees

2017-08-24 06:01
Juandré Ellis (14), ’n gr. 7-leerling van die JBay Academy in Jeffreysbaai, is sonder fibulus in sy onderbene gebore. Hy het slegs drie tone aan elke voet en onderskeidelik 50% en 80% van die voetbeentjies in sy linker- en regtervoet. Maar dit weerhou hom nie daarvan om ’n barshou in die gemengde vegkunsklasse by Raptors Mixed Martial Arts te skop nie.                          Foto:MONIQUE BASSON

Juandré Ellis (14), ’n gr. 7-leerling van die JBay Academy in Jeffreysbaai, is sonder fibulus in sy onderbene gebore. Hy het slegs drie tone aan elke voet en onderskeidelik 50% en 80% van die voetbeentjies in sy linker- en regtervoet. Maar dit weerhou hom nie daarvan om ’n barshou in die gemengde vegkunsklasse by Raptors Mixed Martial Arts te skop nie. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JUANDRÉ Ellis (14) was selfbewus, onseker, misplaas en humeurig – en sonder maatjies.

Ander het hom laat glo hy is afstootlik en hy is dikwels verneder. Dít omdat hy anders lyk.

Sy oplossing? Sy vuiste. Maar dit het dinge net vererger. Hy was in opstand teen alles en almal, selfs teen God.

Met gebalde vuiste wat genadeloos op sy stompies neerreën, wou hy weet hoekom hy so gestraf word. Hy wil net normaal wees. Hy wil net iewers inpas en maatjies hê.

Toe kom die groot kopskuif.

Beperk normale ontwikkeling

Juandré, ’n gr. 7-leerling van JBay Academy, in Jeffreysbaai, is sonder fibulas in sy onderbene gebore. Dié aangebore afwesigheid van die langbeen (genoem fibulêre hemimelia) beperk die normale ontwikkeling van sy onderbene en voete.

Hy het slegs drie tone aan elke voet en het onderskeide-lik 50% en 80% van die voetbeentjies in sy linker- en regtervoet. Sy linkervoet trek op ’n knop na bo.

Selfs die koop van skoene is ’n proses: Sy linkervoet pas in ’n nr.2-skoen, terwyl sy regtervoet ’n nr. 3 volstaan. Enige skoen werk ook nie. Die agterkant moet bo die enkel wees.

En met die skeeftrappery hou sy skoene net drie maande.

Dan begin die gesoek en dubbelkopery van voor af.

Sy ma, Natashja (42), onthou hoe bekommerd, bang en verward sy was omdat sy niemand met hierdie gestremdheid geken het nie.

“Ná ’n moeilike geboorte was die nuus van sy afwyking ’n groot skok. Hoewel die 27-weke- sonar aangedui het dat sy kop en bobeen met ’n maand verskil, is die afwyking nie tydens swangerskap opgetel nie.

“Maar ons was vasbeslote om hom so normaal en onafhanklik as moontlik groot te maak. Ons het hom van kleins af geleer dat die woorde “ek kan nie” nie bestaan nie.”

Min speeltyd

In sy eerste twee jaar was daar baie min speeltyd. Dit was die een hospitaalbesoek ná die ander: Sewe spesialiste oor die hele Suid-Afrika het hom binne die eerste ses maande van sy jong lewe ondersoek.

Toe begin die korrektiewe osteotomieë en beenverlengingchirurgie – ’n lewenslange proses.

Op tweejarige ouderdom het hy sy eerste groot operasie ondergaan. Met 38 ure van nar-kose op sy kerfstok kort voor sy sesde verjaar-dag, is Juandré se haksenings gerek, sy voete gedraai en sy bene gebreek om dit te verleng.

Hy moes ses maande in tita­niumringe deurbring om sy bene 6 cm te rek. Die ringe, wat elke dag 4 mm gedraai moes word, het hom egter nie gekeer om die hele huis voel te beweeg nie.

Hy het een van sy speelvragmotortjies as sy “voete” ingespan, en op en af in die huis rondgery. Hy het selfs vir whee­lies en donuts kans gesien.

En elke keer wanneer ’n skroef los was, het hy met die nr. 10-moersleutel die gang af gerol sodat sy ma dit kan stywer stel.

Die lorrie het ’n maand nadat die titaniumringe afgehaal is, gebreek.

Boelie

Saam met die operasies en grootword het die jare lange gespot van die kinders gekom.

’n Diep hartseer verskyn vlugtig op Natashja se gesig.

“Juandré het elke dag in trane by die huis gekom. Ek het hom dikwels op die vloer gekry waar hy besig was om sy voete met sy vuiste te kap. So asof hy dit kon beter maak as hy dit net hard genoeg kon slaan.

“Hy wou by my weet hoekom het die Here hom so gestraf en hoekom kan hy nie normaal wees nie.”

Die geterg het tot woede-uitbarstings en bakleiery gelei.

Hy wou alles met sy vuiste regmaak. Sy humeur was so vlambaar dat hy vandag nog vir woedebestuurklasse moet gaan.

“Hy het ’n lelike haat in hom gehad. Tot onlangs toe.”

Juandré glimlag skewemond: “Ek onthou nog elke liewe naam wat hulle my toegesnou het. Sonder om te dink het hulle dit op my vasgeplak.

“En moenie dink die ‘grappies’ was minder erg nie. Soms het dit die meeste gebyt.

“My bakleiery was ’n manier om te cope, nie ’n teken dat ek enigsins gedink het dit gaan help nie,” sê hy.

Die groot kopskuif

Totaal hulpeloos en verkleineer deur die vloedgolf spottery het hy vrede daarmee gemaak dat hy nooit normaal sal wees nie.

Maar toe kry hy ’n manier om homself te beskerm.

Gemengde vegkuns.

Juandré het hom in September verlede jaar by Raptors Mixed Mar­tial Arts in Jeffreysbaai aangesluit.

Sensei Buks Coetzee en sy opgeleide span het hom dadelik onder hul vlerk geneem.

Dit was nie altyd maklik nie.

Sy linkervoet het gou van die direkte impak op die vloer seergeraak, maar met gereelde oefening het dit verander.

Juandré lag: “Die eelte het net harder geword.”

Hy het onlangs 80% vir sy gradering gekry, en spog nou met ’n geelbelt.

“Dit is die eerste keer dat ek 80% kry. Ek het baie hard gewerk.”

Vir Juandré was die nuwe uitdaging lewensveranderend.

“Dit het my gedwing om ’n mate van selfvertroue en dissipline te ontwikkel. Ek het meer tuis in my eie vel begin voel. Vir die eerste keer het ek besef dat my gebrek my nie definieer nie.

“Mettertyd het ek geleer dat ek wel iets het om te bied waarin ander belangstel – ekself. Hulle het toe anders teenoor my begin optree, want ek het regte vriende.”

Hoewel sy gesig nog soms van donderwolke gloei, is sy woedeuitbarstings en bakleiery iets van die verlede.

Vandag is hy die een wat leerlinge uitmekaarhaal as hulle baklei.

“Ek vat die een so agter sy hempskraag en hou die ander een daai kant met my hand teen sy bors,” wys hy hande in die lug.

Natashja sê Raptors was die eerste wat haar seun ’n regverdige kans gegee het. “Hulle het in hom raakgesien wat ander misgekyk het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.