Ons gevaarlikste dwelm: Die tong

2017-04-27 06:01

DIE onderhoudvoerder vra vir die aspirant-sekretaresse of sy tik op skool gehad het. “Nee,” antwoord die stomme meisie, “in ons dae was daar nog net dagga.”

En daar het die tong al weer iemand laat struikel! Ek sê hoeka as ’n perd met een been struikel, hoeveel te meer nie ek met vier tonge nie. Dít is die probleem: geen mens kan die tong tem nie: dit is vol dodelike gif.

  • Een van ons top operasangeresse vertel hoe .

In ’n hoërskoolklas het die klok eendag ’n einde aan die periode gebring. Ek wil toe vin-nig eindig en slaan na Afrikaans oor; en my tale mix so erg dat ek die woord “dinges” op ’n baie strategiese deel van die sin sê. Natuurlik het die les in totale chaos geëindig. Dis waarom ons daarop moet fokus om die tong te beheer.

Ek dink die eerste skroef wat in mens se brein losraak, is die een wat die tong beheer, want die deel van die liggaam waarmee mense praat, is gewoonlik te groot vir die deel waarmee hulle dink. En daai plus-minus 8 cm-lange monstertjie lê en wag in sy grot net agter die tande om enige oomblik aan te val. Daarom: Sjjt! Want as jou voet gly, kan jy jou balans herwin; maar as jou tong gly, is dit te laat: die woorde is klaar gesê. Ek het al dikwels spyt gekry oor woorde, maar baie selde oor my stilswye. Dis waarom die Chinese sê: “Wyse kop, stil tong”...want die 80 mm-liggaamsdeeltjie kan ’n man van twee meter laat val.

Mag ek ’n stukkie goeie advies deel wat die lewe my geleer het: Luister mooi wat iemand vir jou sê as hy vir jou kwaad is – want dit is presies wat hy van jou dink. Juis omdat ons weet hoe maklik die tong ’n mens laat strui-kel, hou maar in gedagte dat die lewe dikwels van ons verwag om te swyg.

Hoeka kry ons sulke stellings soos die volgende wat uit werklike briewe aan versekeringsmaatskappye kom:

  • Ek het ’n man raakgery. Hy het erken dis sy skuld, want hy is al vantevore omgery.
  • Toe ek tuis kom, het ek by ’n verkeerde huis ingedraai en teen ’n boom gebots wat nie in my tuin is nie.
  • ’n Voetganger het my getref en onder my motor ingeval.
  • Ek het gedink my motor se syvenster is af, maar dit was op, soos ek agtergekom het toe ek my kop daardeur steek.

Daar is ’n anonieme vertelling van ’n seun-tjie wat met die nagmaal gehelp en per onge-luk ’n fles met nagmaalwyn laat val het. Die priester het hom geklap en weggejaag met die woorde: “Verlaat die altaar en moet nooit weer terugkom nie.” Die seuntjie was Tito, wat later die Kommunistiese leier geword het. In ’n ander groot katedraal het ’n seuntjie ook eendag die wyn laat val; maar die leraar het met ’n vonkel in sy oog net gefluister: “Eendag sal jy nog ’n kerkman word.” Dié seun was Fulton Sheen, wat inderdaad ’n bekende kerkleier geword het.

Die tong kan mense maak of breek. Onge-lukkig hoor elke opkomende geslag die onverantwoordelike dinge wat soms uit die mond van grootmense kom; maar daar is ook mense wat ’n wag voor hulle mond plaas. Sulke mense praat nie net vir nóú nie, maar vir ’n hoopvolle toekoms.

Verslaafdes kan deur genade van baie soorte dwelms verlos raak. Maar die tong is ’n ander kêrel.

Jou woorde weerkaats jou siel; wat jy sê, weerspieël wie jy is. Watchit!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.