Ontmoet Scheltema Nortjé: ‘Sommer ’n ou boer’

2016-07-21 06:00
Scheltema Nortjé.               Foto: JANNIE HOUGH

Scheltema Nortjé. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MET hom moet jy eers motiveer: Wat maak hóm nou juis rubriek-materiaal?

Nee, skerm jy, dit gaan nie oor akademiese of sosiale of kerklike status nie; dis eerder hoe kleurryk jy is – want ’n regte ligtoring skyn mos, dit maak nie ’n lawaai nie. Daarmee is hy tevrede, maar jy weet hierdie is ’n tamele-tjie wat jy moet t-r-e-k. Gelukkig ken jy sy beskeidenheid.

Sy stemtoon gee voor dat alles omtrent hom sommer gemiddeld is, als so half terloops: Vier-en-tagtig jaar gelede in Willowmore gebore. En lank nadat hy eendag vir jou gesê het hy is sommer “’n dom ou boer”, vind jy terloops uit hy het by Maties B.Sc. voltooi. Al wat hy ooit wou doen, is boer. Maar die hout waaruit hy gekerf is, het geglo jy moet iets wéét voor jy plaasboer kan word.

Maar, o wee, toe hy op die familieplaas aanmeld, kom smeek die skoolhoof hom om Wiskunde-en Skeinat-onderwyser te word. Dit was in 1955. Daardie tipe leerkragte was skaars. Hy het toe vir ’n jaar-en-’n-kwart so half teensinnig vir graad 8-12 Skeinat en vir 9-11 Wiskunde geleer – met sy aande so half een-ogig opgeneem deur voorbe-reiding en sy ander oog verlangend na die wuiwende grasvlaktes van die plaas. En toe daar vyftien maande la-ter ’n ander onderwyser raakgeloop word, is die jong Scheltema soos ’n koeël uit ’n geweer terug plaas toe.

Die plaas is ’n ander storie. Hulle was eintlik veeboere – merinoskape. Later het beeste bygekom weens lastige luiperds wat skaap vang. Maar daar was heuningbos op die plaas. En dít, wat eintlik ’n sideline was, het hy begin ontgin. Heuningbos (wat deur prof. Koch Visser van Maties hoog opgegee word as, nie net heerlik nie, maar uiters medisinaal – daar is onder meer ’n korrelasie tussen dié tee en suksesvolle behandeling van borskanker), het baie van die jong boer se aandag begin verg. Eers is 45 kg sakke na groothandelaars versprei; later 3 ton tee op ’n keer na Tsumeb se kopermyne; ook na gesondheidwinkels, TB-hospitale, Korrektiewe Dienste.

Japan het lank rooibos in Clanwilliam gekoop. Maar toe verteenwoordigers uit dié Oosterse land tien jaar gelede die Nortjé-plase kom besoek, het hul al hul heuningbos-tee opgekoop. Vandag nog verskeep hulle meer as 5400 kg per jaar vanaf PE na Japan – wêreldgehalte-standaard en -verpakking, die lot. Nooitgedacht en Kou-de-nek het intussen tot 5000 hektaar gegroei. Maar heuningsbostee verg gespesialiseerde boerdery, en daar is nie baie sulke boere in die land nie. Suid-Afrika is inderdaad op die wêreldkaart wat hierdie produk betref.

Harde werk. Harde werkers met deernis in hul harte. Klipharde hande van oorwerk. En sy werkers het nie agtergebly nie. Behalwe hul goeie behandeling, is hul ook betrek by, glo dit, Jukskei! Sy plaaswerkers het so tussen die sweet deur nog kans gehad vir dié sportsoort, en vier van hulle was in 2001 die eerste plaaswerkers wat as ’n Kouga-jukskeispan by die OP-kampioenskappe silwer gewen het. Dit is sulke samewerking wat ’n land bou, nie allerhande praatjies nie.

Natuurlik het romanse nie uitgebly nie, en die jong boer het vir hom ’n blom by Matieland gepluk en haar in 1957 voor die kansel staangemaak. Sy het eers in Durbanville skoolgehou en later op die plaas hoof van ’n tweemanskool geword. Die twee is vir mekaar uitgebeitel: groot van gees, nederig, Godvresend, sout van die aarde. En met al hul sukses, het hy nog nooit tyd of begeerte gehad om oorsee te gaan nie. Ons land roep hom, die verantwoorde-likheid, om mentor en ’n anker vir sy twee kinders en sy kleinkinders te wees.

Die plase is deesdae in die hande van twee geslagte ná hom en sy vrou Jessie, maar hulle maak gereeld ’n draai by die plek waar hulle hart is. Steeds is sy lewensfilosofie: Hy soek nie vyande nie. Hy loop reg – te veel kronkels tap onnodig energie. Hy het nooit gerook nie: die vars lug is vir hom heerlik genoeg. Drank – koffie, dankie!

Hy is gesond, taai gebrei deur die son en wind, steeds bereid om te werk. Hierdie week nog gaan staan en werk hy sowaar op die dak van hul dorpshuis! Wat soek ’n man dáár op vier-en-tagtig? Hy lag net. Hoekom nie? Die lewe is so wonderskoon. Die meetsnoere het vir hom op lieflike plekke geval. Sy erfenis is vir hom mooi.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.