Ontmoet vir Philip Visser, sendeling

2016-03-17 06:00
Philip Visser, sendeling.   Foto: VERSKAF

Philip Visser, sendeling. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY is vanjaar 86, maar die ywer vir evangelisasiewerk in Japan vloei nog in sy are.

Hy het nie meer die liggaamskrag van destyds nie, maar hy is helder, praat nog suiwer Japannees en dink met deernis aan die land waar die son opkom.

Die ‘jongman’ ter sprake is Philip Visser wat in 1930 op Montague gebore is. Ná matriek in 1947 is hy dadelik na die Afrika Evangelisasiebond (AEB) se seminarium waar hy vir twee jaar opleiding ontvang het. Tussen 1950 en 1956 het hy as werker van die Bond deur die land gereis en in dorpe van huis tot huis bedien en dienste gehou.

Sy drang om sendingwerk in Japan te doen het hom op 5 November 1956 as 26-jarige vrygesel met De Tegelberg uit die Kaapse hawe laat vertrek. Ses weke lank het die reis na Japan geduur – vanaf Kaapstad na Durban, Mauritius, Singapoer, Hong Kong, Filippynse Eilande tot in Kobe in Japan.

Hy het feitlik dadelik as student by ’n taalskool inge-skryf en vir ’n jaar en vier maande onvermoeid vir drie ure per dag studeer en die byna onmoontlike vermag om die uiters moeilike simbole en taal onder die knie te kry.

Hy het daar met ’n medestudent uit Suid-Afrika, Wilma Theron, getrou, waarna hulle sendingwerk in alle erns begin het. Op 5 Augustus 1958 het hulle in die stad Saiki begin arbei. In daardie land waar behuising feitlik onmoontlik was om te verkry, het hulle op wonderbare wyse ’n huis bekom en dadelik met huisbesoek en gemeentestigting begin.

Baie jong Japannese se lewens is verander, en dié wat mettertyd vir die bediening geroep is, moes vier jaar studeer. In dié vreemde Oosterse kultuur is baie vriendskappe gesluit. Die Japanse Plattelandse Sending is gestig. Na hulle eers in die platteland gewerk het, is hulle later na die stad, Oita.

Hulle het in hul 56 jaar twaalf gemeentes gestig. Die grootste is in Oita-stad. Daar is vir hulle twee dogters en ’n seun gebore, en na drie-en-vyftig jaar het Philip se vrou hom ontval. Die kinders en kleinkinders het Japan hul tuiste gemaak.

Hy het na 56 jaar in Japan na SA teruggekeer en hier met ’n ou ge-liefde studente-maat getrou.

Sy lewensfi-losofie? “Totale verlossing,” sê hy en “totale oorgawe.” Vir 56 jaar was hulle afhanklik van bydraes uit Suid-Afrika en ander bronne en het hul nie ’n vaste salaris verdien nie.

Hy is deel van ’n heldegalery – die skraal man met die fyn Japanse maniere.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.