Ook in St. Francisbaai sit seereuse reg

2016-03-24 06:00
Dié rob wou sommer Rainer Schimpf se kamera hap toe die sardiens nie naby genoeg was nie.  Foto: RAINER SCHIMPF

Dié rob wou sommer Rainer Schimpf se kamera hap toe die sardiens nie naby genoeg was nie. Foto: RAINER SCHIMPF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIS nie net in Algoabaai waar die roofvisse weglê aan sardiens nie – ook in St. Francisbaai wemel dit van dié “grotes” wat die see-spyskaart fyn dophou.

Die jaarlikse sardienloop aan die Oos-Kaapse kus lok onder meer walvisse, dolfyne, pikkewyne en haaie wat in baldadige vreetsessies op die skole sardiens toesak.

Teen einde Mei sak die gordyn egter weer oor dié see-skouspel wanneer die skole sardiens die Baai en omgewing verlaat en in die rigting van KwaZulu-Natal beweeg.

Duikers soos Rainer Schimpf, mariene videograaf en eienaar van die duikonderneming Dive Expert, wag sedert Februarie die sardiens onderwater by Port St. Francis in.

“Die rooioogvisse, masbankers, ansjovis en snoek wat ons tot dusver aan dié kant raakgeduik het, was fantasties om te sien,” sê Schimpf.

“Sedert Februarie het ons roofvisse soos die withaaie, skeurtandhaaie, pikkewyne, potvisse, Bryde-walvisse, bottelneusdolfyne en die lagbekdolfyne hier sien jag. My gunsteling om met my kamera vas te vang is die moordvisse (orcas) wat hul neefs, die langbekdolfyne, agternasit.”

Volgens Schimpf is daar sewe soorte sardienspesies in Suid-Afrika, maar is dit slegs pelsers wat gewoonlik hierheen swem. Sy vrees is egter dat die oorbenutting van visbronne sal veroorsaak dat minder hiervan vanjaar aan die Oos- en Wildekus gesien sal word.

“Daar is baie faktore, selfs die koue en warm seestrome, wat bepaal of die sardiens ’n goeie broeijaar het of nie.

“Maar ’n afname in die voorkoms van sardiens kan ook te wyte wees aan die oorbenutting van die visbronne.

“Met die sterk El Niño-weerverskynsel vanjaar en die wisseling in weerpatrone kom die sardiens nog meestal tussen Gansbaai en Mosselbaai voor.”

Lloyd Edwards van Raggy Charters in die Baai het self van die roofvisse in Algoabaai se sierlike boë en toertjies tydens jagtyd afgeneem. ’n Ma-bottelneusdolfyn en haar kalf was juis eergister dapper genoeg om tot voor Edwards se boot te swem om te groet.

“Met vandag se oostewind kon ek egter nie die water aandurf nie, maar sodra die weer goed is, neem ek my kamera om die fees van visspesies af te neem,” sê hy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.