Oom Daan en die huurders

2016-06-30 06:00

SOMS moet die tong uit die kies. Vandag is dit nodig. Want elke nou en dan is daar ’n egte stukkie hemel op aarde en dan vertel jy opreg.

Oom Daan het gewoon gelyk, maar hy was briljant, edel, betroubaar, geseënd. Meganika was sy kos. Motor, klavier, slotte – noem maar op. So het die toe Wes-Transvaalse dorp se bankbestuurder eendag sy kluissleutels in Johannesburg vergeet, en die ander hoë amptenaar was uitstedig. Oom Daan was die logiese keuse om die bankkluis te kom oopmaak. Hy was legendaries. Hy het sy seun wat saam met hom was, na buite gestuur (jongmense moet sommige dinge nie weet nie) en met sy unieke breinvermoë die kluis oopgemaak. Stil, onaangekondig ... die bank kon soos gewoonlik sake doen.

As iets regtig stukkend was, het oom Daan dit reggemaak; en as jy behoeftig was, het hý die koste gedra.

In 1947 het seker die grootste karaktertoets aan sy deur kom klop. Hy en tannie Lizzie het hul eerste huisie gekoop – maar, o hygend, die huurder het geweier om te trek. (Dis ’n Ou Suid-Afrika ding!). Oom Daan vra toe vir meneer Du Bruin mooi of hy en tannie Lizzie en hul kinders nie dalk ágter in die buitekamer mag intrek nie. Die man knor dat hulle kan doen wat hulle wil, maar hy en sy vrou sal Nie! Trek! Nie!

Die gesin trek toe ongemerk in en die kinders word streng vermaan om nie vir mnr en mev. Du Bruin te pla nie. Mooi dinge begin gebeur. Met Du Bruin se toestemming bou oom Daan die buitekamer groter. Hulle oudste dogter trou en sy loop soos ’n prinses uit die buitekamer haar bruidegom tegemoet. Die tuin word (met die Du Bruins se toestemming) pragtig deur oom Daan versorg.

As tant Lizzie iets lekker bak, kry die du Bruins ook daarvan.

In die koue winter wat volg, wil mnr. Du Bruin se motor nie altyd aanskakel nie. Dan stoot oom Daan dit alleen in die ysige oggend straataf. Toe dit die gees gee, herstel hy die fout. As ander krisisse die Du Bruins begluur, is oom Daan of tannie Lizzie by om te hoor of hulle kan help. Die Du Bruins waardeer, maar hulle verseg om te trek.

Stilweg vra oom Daan in die lente vir die gemeentelede of hulle sal bid dat hy en tannie Lizzie in hulle eie plekkie intrek. Hulle jongste dogtertjie is maar drie jaar oud en hulle wil darem hulle eie nessie geniet. So gedaan.

Kort daarna stap die inwoner van die hoofwoning een dag vir oom Daan byna intimiderend tegemoet. “Swanepoel,” sê hy half hees en sluk, “die hemel is in jou. Ek en my vrou het besluit om te trek.” Oom Daan wil nog iets vriendelik sê, maar die ander man stoomroller voort. “By jou het ek iets gesien wat ek nog by niemand anders gesien het nie. Julle kan maar in julle huis intrek. Swanepoel (sluk), daar is iets...Iemand...in jou.”

So ontmoet lig en duisternis toe mekaar. Geregtigheid en vrede het mekaar gekus. En die wêreld was ’n beter plek.

(Huurder se naam verander)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.