Oom Hennie - van diender tot dienaar

2017-03-23 06:03
Hennie Visser sr.                   Foto:VERSKAF

Hennie Visser sr. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HY laat jou aan dr. Jan Spies dink – behalwe dat jy hom nie by Spies en Plessie sal soek nie; eerder by die pre-1994 se SAPD, en vandag daar waar mense se nood hom soos ’n magneet vashou.

Byna onderskat jy hom by die eerste ontmoeting, want Hennie Visser sr. se voorkoms en taal is deel van ’n man wat die tweede deel van sy lewe algeheel aan noodlydendes wy, sonder om dit aan die groot klok te hang.

Drie jaar na die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Pretoria gebore; op sewentien by die polisie aangesluit en deur hulle sy NSS voltooi. Twee jaar later wyk-sersant – en toe volg ’n periode in die polisiediens waaroor hy katvoet gesels. Eers toegewys na misdaadbestryding, en toe die liefde tussen alles deur ook nog blom, trou hy in 1970 voor hy in 1971 speurtak toe is. Op 26 kry hy sy vaste-vlerk vlieglisensie en word hy oorgeplaas na die veilig-heidstak.

By John Vorster-plein lê hy hom toe op sy spesialiteit: vingerafdrukdeskundige en polisie-fotografie. In 1980 bedank hy die SAPD en word hy deel van Nasionale Intelligensie tot 1994. Oor dié sensitiewe deel van sy lewe trap hy liggies. Huurvlugte met twee van sy vliegtuie het intussen ook ’n fris deel van sy tyd opgeneem. Sy polisie-agtergrond het hom goed te pas gekom toe hy in 1990 ’n sekuriteitsmaatskappy gestig het wat vandag nog sake in Johannesburg doen. Hy is ook na Namibië ontplooi waar hy vir 21 maande grensdiens verrig het.

Dis die eerste deel van die óú Hennie Visser se lewe. Vele dinge ongesê oor polisieman wees in daardie era. Seer dinge. Hardebaard-dinge.

Die tweede deel is ’n totale ommekeer. Sy geestelike pad is tekenend daarvan. Hy het reeds as vyftienjarige sy lewe aan die Here oorgegee. In 2000 word Joy Kids onder sy leiding in Magaliesburg gestig, waaruit Gilgal Christian Community Church ontstaan. Vandag is dit ’n groot gemeente wat oom Hennie in 2010 as mentor verlaat het om ’n nuwe visie na te jaag. Die term Joy Kids skryf hy toe aan sy seun, Andries, wat as dromspeler opgetree het saam met ’n multi-kulturele groep (Khanysa, “bring die lig”) wat in twee jaar in 45 lande met sang, musiek en prediking evangeliewerk gedoen het.

In 2011 het hy sonder twyfel net geweet dat sy toekomstaak in Humansdorp lê. Vanaf ’n klein begin is hy vandag nog met hierdie inisiatief besig wat hul beywer om aan kinders in die informele dorpsgebied voedsel en geestelike leiding te voorsien om vir hulle ’n hoopvolle en positiewe toekoms te skep. Hy besoek persoonlik elke dag van die week een van die volgende dele: Arcadia, Gill Marcus, 7e Laan, Maak ’n Las, Vaaldam, Donkerhoek, Kruisfontein en Die Vlak.

Sedert die eerste uitreiking in die gemeenskapsaal, wat wyd adverteer is en deur bekende lede van die gemeenskap en ’n afvaardiging van die burgemeesterskantoor bygewoon is, het alles net groter geword. Elke tweede Vrydag is steeds die grootste byeenkoms van kinders uit alle dele (die sg Joy Kids). Soms groei die getalle aan tot ’n duisend, met baie volwassenes wat in die samesyn kom deel. Hier word gratis geëet (“Kinders eerste,” sê oom Hennie beslis. Daarna die grootmense!). Hulle het grond bekom in Gill Marcus, wat hul toegekamp het. Hulle sou graag ’n gemeenskapsaal daar wil oprig.

Die inisiatief is nie ’n kerk nie, maar ’n opheffingsprojek. Die geestelike welsyn van die kinders en volwasse-nes bly egter nie agterweë nie – tot so ’n mate effektief dat die jongmense sommer self enige moeilikheidmakers op ’n vriendelike manier by die hek uithelp. Elke weeksdag word ná skool omtrent 2 000 brode, sakkies en ander vars melk en groente aan alle behoeftige gesinne uitgedeel wat saamkom om in die aktiwiteite te deel. Vrydae is dit “celebration,” sê die deernisvolle man van 68.

Dis ’n reuse altruïstiese liefdestaak sonder enige vergoeding. Die Joy Kids-projek is ’n geregistreerde NPO (nie-winsgewende organisasie) met Freddie Steenkamp, Sam Ntombe en Hennie Visser jr. as lede en oom Hennie aan die hoof. Hulle ontvang geen vergoeding nie (dra inderdaad baie uit hul eie sakke by) en alle bydraes gaan direk aan die begunstigdes. Van die vier lede is slegs oom Hennie en sy seun direk by die saak betrokke. Hulle ontvang slegs R1 300 per maand uit bydraes, asook gratis melk by Woodlands en The Glen-melkery, vloeibare eiers by Nulaid en groente by Le Roux-boerderye. Nog ’n maatskappy verskaf die brode.

Voedsel word in drie huise in Humansdorp voorberei onder leiding van sy regterhand, Kayna Goeda, en haar helpers. Oom Hennie se vrou, Martie, lewer self ’n yslike bydrae tot dié deel van die projek.

So is hierdie verdraagsame man en sy helpers dag na dag besig om sy “leef en laat leef”-filosofie uit te leef en stil-stil die wêreld ’n beter plek te maak. “Ek is ’n time traveller,” sê oom Hennie – ek reis in die toekoms in met ander se welsyn op my vlerke.” Hy glo die Woord: “As jy aan enige van hierdie kleintjies ’n beker koue water gee, het jy dit aan Mý gedoen.” Dit dra hom deur sy dagtaak.

Hy het ook nog tyd gehad om vir 17 dae in Rusland evangelisasiewerk te gaan doen. Hulle het daar ’n persoonlike verwelkoming van mnr. Putin gekry. Later vanjaar gaan hy ook op uitnodiging na Lebanon om sy visie te deel.

Stokperdjies? Vlieg, fotografie, die Bybel. En sy grootste swakheid: “Ek is maar selde by die huis.” Maar dis ’n gesonde afwesigheid en sy beloning is “out of this world.”

Vir enige bydraes, skakel Hennie by 076 918 8407, of besoek www.joykids.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.