Oom Noel - Hy het SA help bou

2017-04-20 06:00
Noel Nicholas - ’n man van integriteit.

Noel Nicholas - ’n man van integriteit.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

LAAS Kersfees het hy plastiekpypies met helderkleurige flikkerligte om hom gedraai en tussen die motors deur beweeg – om vir die welvarendes in die restaurant te wys: “Hier is Noel, julle karwag;” en vir die malala payips te sê: “Bly weg – hierdie is mý turf! Ek soek nie funa lalas hier nie.” En dis reg so: hy het ’n ooreenkoms met daardie eetplek, hierdie skraal omie met die slim oë en die aansteeklike lag.

Die meeste aandlopers by daardie winkelsentrum weet wie Noel Nicholas is: die aangename 73-jarige oom wat saans motors oppas om die Randjies bietjie te rek; maar baie van hulle ken dalk nie sy storie nie. Jy hou sommer twee keer van die man as jy sy geskiedenis ken.

Sy verhaal is een van werk, met ’n hoofletter. ’n Rasegte Kapenaar, moes hy voortydig Alexander Sinton High School verlaat om te help met die huishouding. Eers in ’n Maitlandse leerfabriek werk gekry; maar sy oë het see toe gekyk, en in 1964 stap die negentienjarige melkbaard by Safmarine in en begin as peggy (dekmatroos) op die vragboot “Victory”. Hierdie kerkmens (“Jeugdienste, bidure, Sondagdienste, kerkhou tussen-in” – die Nicholase was kerkmense) bevind hom skielik tussen manne met growwe hande – en maniere, en.... “O jinne, Meneer, ek wil nie oor die skeepslewe praat nie!”

En vir die volgende ongeveer dertig jaar het hy oor die wêreld geseil – nie net “I joined the navy to see the world, and what did I see? I saw the sea” nie. Nee, ’n regte jekker met sout in sy are. Eers in die laagste rang as skoonmaker van matrose en offisiere se woonkwartiere. In sy loopbaan enkele verhogings gekry: van dekmatroos na O.S (gewone seeman), toe EDH (vaardige seeman) en bosun (bootsmaat) in 1981. En hy het nogal sy dokumente en sertifikate en getuigskrifte. Maar nie sommerso nie – eers kursusse geloop. Nie op die dek rond ge-toitoi vir verhogings en meer geld nie. As jy op ’n boot wil dans, dans jy in jou slaap – jy is te moeg van die dag se werk.

Nee – hy het hardepad geloop, hard gewerk, taai geword, sy land eer aangedoen. Baie dinge gemaak

en gesmaak waaroor hy nie wil praat nie. En die wêreld gesien: van Walvisbaai, Kaap om tot in Beira. Amerika, Arabiese Emirate, Duitsland, Engeland, Skotland, Ierland, China, Japan, Middellandse See, Gibraltar, Tenerive, Singapoer. En van bote verwissel – seker op sestig plus seereuse gevaar. In die proses nie juis apartheid ge-leer ken nie, want anderkant die water en aan boord van ’n skip is mense almal net mense. Toe hy in Amerika kom, sien hy hoe alle kleure by kroeë en teaters instap. “Toe stap ek ook in,” lag hy lekker. En van toe af is hy deel van die crowd.

Ook getrou – in 1971 en vyf kinders gehad. Die twee meisies werk in Jeffreys, en twee van die seuns is tegnici en die ander een ’n kolonel in die Weermag.

Toe hy in 1994 die see vir ons teer- en stofpaaie verruil, het hy in Secunda vir drie en ’n halfjaar as mariene takelaar sy brood verdien. Toe hy daar ophou, het hy die sekuriteitswêreld beproef en vir meer as twaalf jaar in Kaapstad en toe in Marina Martinique mense se veilig-heid verseker. En tóé los werkies om die ketel te laat kook. Hy is verheug dat Sassa hul woord gehou het en die afgelope maand die pensioengeldjies uitbetaal het. “Daar is hoop vir die land!” seg hy.

Hy woon by ’n prediker hier in Mandelabaai. Hy karwag nou al vir vier jaar en drie maande by die een restaurant. Hulle behandel hom met deernis. En hy lag heerlik oor die ryk manne wat hom R5 in die hand stop nadat hulle geëet het. Ek vra hom hoe hy by die huis gaan kom en hy sê so ewe: “Ek kry ’n taxi.” Ek gaan laai hom af en dink aan die woord integriteit. Dit spel Noel Nicholas.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.