Oos-Kaap dalk rampgebied weens droogte

2017-03-09 11:37
Nelson Mandelabaai kan dalk as rampgebied verklaar word weens sy waterkrisis. Die metro se damme is slegs 47,23% vol, met die Churchilldam (foto) wat Dinsdag slegs 27% vol was.           Foto: WERNER HILLS

Nelson Mandelabaai kan dalk as rampgebied verklaar word weens sy waterkrisis. Die metro se damme is slegs 47,23% vol, met die Churchilldam (foto) wat Dinsdag slegs 27% vol was. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AMPTENARE van die Nelson Mandelabaai-metro het gister vergader om dié metro weens sy voortslepende waterkrisis tot rampgebied te verklaar.

Só het Annette Lovemore, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese in die metro, Dinsdagoggend tydens ’n besoek aan die Churchilldam in die Oos-Kaap gesê.

Dié dam was Dinsdag slegs 27% vol – en slegs 17% van dié water is bruikbaar, omdat die laaste 10% baie slik bevat.

“Oor die algemeen is die vlakke by al ons damme laag,” het Lovemore gesê. “Dit is tans 47,23% vol, en as dit sak tot 45% kwalifiseer dit as ’n ramp.”

Dit is die rede waarom die metro se interne rampbestuur-afdeling gaan vergader. “Dit is die eerste stap in die proses om aansoek te doen vir fondse om die ramp te verlig,” het Lovemore verduidelik.

Intussen beraam die metro ook ander planne om die waterkrisis te verlig, het Athol Trollip, burgemeester, gesê. “Ons boor byvoorbeeld by die Coega-nywerheidsontwikkelingsone om ondergrondse water te kry en sal alle munisipale swembaddens wat lek, sluit,” het Trollip gesê. “Die belangrikste deel is egter om water te bespaar. Ons is verheug dat inwoners reeds baie doen om te bespaar, maar ons moet nóg bespaar, want ons water raak op.”

Volgens Trollip is een van die grootste probleme mense wat meer as 50 kiloliter water ’n maand gebruik. “Dié mense stel watervoorsiening vir ons almal in gevaar. Ons wil binne die volgende twee weke dié mense identifiseer en besoek. As hulle nie hul gewoontes drasties verander nie, sal ons na strenger optrede oorgaan.”

Trollip sê dié stappe kan wissel van boetes tot watertoevoer wat opgeskort word.

Hulle sal ook dié stappe toepas op armer verbruikers wat die agt kiloliter water wat die metro maandeliks gratis voorsien, ver oorskry. “Dit kos R20 miljoen tot R40 miljoen ’n maand wat ons eerder kan gebruik om water na ander gebiede te bring.”

Die metro wil ook volgende week tydens Waterweek opvoedingsprogramme oor waterbesparing by skole in werking stel.

“Dronkbestuur was jare gelede nie ’n probleem nie, maar toe dit kop uitgesteek het, het dit ’n geslag geneem van kinders wat opgevoed is oor die gevare daarvan voor dit weer afgeneem het. Daarom wil ons nou kinders van jonk af leer dat water uit ’n dam kom en nie uit ’n kraan nie – en hoe hulle dit kan bespaar.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

12 Cool cat facts

Here are some surprising things you may not know about your fascinating feline

 
 

Paws

Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Do you know what you are feeding your dog?
Watch: Proof animals have souls
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.