Oos-Kaap se stoetdiere bulk koning

2017-05-18 06:02
Trotse wenners. Van links is Andrew Masterson met die swart Angus-koei, Milagro Power 1324, die interras-opperkampioen, Danwill Daniels met die trofee, Colette en Amy Masterson, Llewellyn Angus (senior interras-beoordelaar) en John Boulle (junior interras-beoordelaar). Foto:JAN VAN DYK

Trotse wenners. Van links is Andrew Masterson met die swart Angus-koei, Milagro Power 1324, die interras-opperkampioen, Danwill Daniels met die trofee, Colette en Amy Masterson, Llewellyn Angus (senior interras-beoordelaar) en John Boulle (junior interras-beoordelaar). Foto:JAN VAN DYK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE stoetdiere van ’n vleisbeesteler van die Oos-Kaap het skoonskip gemaak op die Angus-eeufeeskampioenskapskou in Bloemfontein – met agt pryse, waaronder die toekenning vir interras-opperkampioenvleisbees en as wenner van die goue beker.

Meer as 1 000 vleisbeeste van 12 verskillende rasse is vanjaar op die jaarlikse Bloemskou ten toon gestel. Al die kampioene in die onderskeie rasse het aan die interraskompetisie deelgeneem.

Andrew Masterson (50) van die plaas Milagro, naby Oesterbaai in die Humansdorp-distrik, het vier rooi en 14 swart Angusse ten toon gestel op die skou vroeër vandeesmaand.

“Andrew is baie bly en trots, veral omdat ons relatief jonk in die Angus-bedryf is,” sê sy vrou, Colette.

“Hy is tans voorsitter van die SA Angus-raad. Dit was gevolglik vir ons wonderlik om die grote te kon wen in sy jaar as voorsitter. Hierbenewens het die feit dat dit die eeufeesjaar van die Angus-genootskap is die prestasie ekstra besonders gemaak,” het sy bygevoeg.

Volgens Masterson was dit die eerste keer dat hulle soveel sukses met die Angus-ras op die Bloemskou behaal het. “Ons het in die verlede al die Holstein-grootkampioen op die Bloemskou gehad, asook die goue beker in die Melk-interraskompetisie verower.

“Met die Angus-ras het ons in 2013 op ons eerste nasionale Angus-kampioenskap op die Royal-skou in Pietermaritzburg ook die grootkampioen-vroulike dier met ’n swart Angus-koei gewen. Sy is ook as opperste kampioen en wenner van die goue beker aangewys.

“Ons is eintlik melkboere met ’n Simmentaler-stoetery en het in 2010 ons eerste twee Angus-koeie gekoop. Die keuse van die Angus-ras was maklik. Dit is die grootste vleisbeesras in die wêreld en die Angus Beef-handelsmerk is wêreldwyd bekend,” aldus Masterson.

“Ons beoog om ons Angus-kudde se getalle uit te brei om te kan voorsien in die behoefte aan Angus-vleis in ons slaghuis op Humansdorp. Daar bemark ons Angus-vleis van die plaas aan die verbruiker.”

  • Hul diere het die volgende pryse verower: Milagro Nadal 1441 – nasionale ju­nior en re-serwe-grootkampioen- rooi Angus-bul; Mila-gro Black Pride 1447 – nasionale junior kampioen-vroulike swart Angus; Milagro Black Pride 1232 – nasionale senior en reserwe-grootkampioen- vroulike dier, swart Angus; Milagro Power 1324 – nasionale senior en grootkampioen- vroulike dier, swart Angus; 2017 nasionale opperkampioen, swart Angus; 2017 Bloemskou-interras, opperkampioen-vleisbees en wenner van die goue beker.

Hierbenewens is Milagro Mandy 1124 aangewys as senior kampioen en grootkampioen- vroulike dier, Simmentaler-skou; Mila-gro Amy 1471 – junior kam­pioen en reserwegrootkampioen- vroulike dier, Simmentaler-skou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.