Op die branders wil sy wees

2016-01-28 06:00
Zia Hendriks, die o.9 SA Branderplank Wêreldkampioen, kan nie haar lewe sonder die see indink nie. Branderplankry is haar kos.                        Foto: MONIQUE BASSON

Zia Hendriks, die o.9 SA Branderplank Wêreldkampioen, kan nie haar lewe sonder die see indink nie. Branderplankry is haar kos. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SLAAP, eet, skool, branderplankry … herhaal.

Sy ry die witperde bloots en mak tot op Jeffreysbaai se strande - en laat dit so maklik lyk.

Aikona, sê Zia Hendriks (9), Jeffreysbaai se jongste branderplank-kampioen. “Branderplankry is ’n uiters kompeterende sportsoort en ’n ou moet jou storie ken om bo te bly,” sê sy. “Maar kry jy dit reg, sal jy nooit wil ophou nie.”

Dié gogga het haar reeds op die ouderdom van sewe gebyt en sedertdien ryg sy die een titel na die ander in.

Sy kan beslis nie op haar fyn gestalte en jong ouderdom getakseer word nie. Zia is tans die o.9 SA Wêreldkampioen en het onlangs tydens die OP Grommets-kompetisie in Port Elizabeth eerste in die meisies 0.11-afdeling gekom. Verlede jaar het sy branderplankryers in die o.12- en o.14-afdelings in die “seesand” laat byt.

Op die vraag of sy nie bang was toe sy die eerste keer teen ouer branderplankryers moes deelneem nie, antwoord sy: “Ek was aan die begin skrikkerig, maar toe ek eers in die see was, het ek gedoen wat ek die beste doen - branderplankry.

“Ek was baie bly toe ek hoor dat ek die kompetisie gewen het.”

En die rede dat sy in ’n hoër ouderdomsgroep deelneem? “Ék het mos klaar die 0.9-afdeling gewen,” sê sy laggend. “Die be- oordeelaars is seker bang ek wen dit weer; die dat ek teen ouer kinders moet mee-ding.”

Volgens Zia kom sukses nie vanself nie. “Ek oefen byna elke dag; goeie branders wag nie vir sonskyndae nie.”

Sy is ’n leerder van Thys Strydom, branderplankryer van formaat en eienaar van die Rebel Surfboard Factory in Jeffreysbaai.

Zia vertel sy kon nie eers swem toe sy vir die eerste keer leer branderplankry het nie. “Ek was die eerste dag baie bang. Die water was so knie-hoogte . . . ek het op my bord geklouter en vasgeklou. Die tweede dag was dieselfde storie.

“Teen die derde dag het ek dit gewaag om op die branders te ry en op die vierde dag het ek net gery.”

Sedertdien is daar geen keer aan die jong prinses van die branders nie.

Zia is ’n gebore Jeffreys- baaier wat nie haar lewe sonder die vars seelug en seelewe kan indink nie. Sy is ’n leerder by Pharos Skool, wat ’n klipgooi van die see is. Sy is vanjaar in gr 4 en het nog ’n rukkie op die skoolbanke, maar sy sal graag oor ’n paar jaar op internasionale vlak wil meeding.

Van ophou is daar geen sprake nie. “Ek gaan aan al die kompetisies deelneem en wen, tot ek te oud raak.”

Haar rolmodel is wêreldkampioen-branderplankryer Bianca Buitendag van George, wat volgens Zia branderry tot ’n nuwe vlak geneem het.

Daar is nie veel tyd vir

stokperdjies vir die

besige sportdogter nie. Sy geniet wel haar vriende se geselskap en skool is hoog op haar prioriteitslys.

. Zia word vanjaar deur Billabong geborg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.