Oud-leerlinge onthou hul skool

2016-04-07 06:00
Graad 1-klas van 1966: Danwilh Ingram, Christine Vosloo (gebore De Koning), en Herman Smith. Foto: THEO VOSLOO

Graad 1-klas van 1966: Danwilh Ingram, Christine Vosloo (gebore De Koning), en Herman Smith. Foto: THEO VOSLOO

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die 46 jaar sedert die laaste nege leerders deur die klaskamerdeure van die Laerskool Groothoek in Melon, Loerie gestap het, het baie dinge verander en is die onthou nie meer so goed nie.

Een ding wat hulle nié vergeet het nie, is die rustige en kalm atmosfeer van die klein plaasskool waar hulle eens skoolgegaan het.

Oud-leerders van die voormalige Laerskool Groothoek het verlede maand van heinde en verre gekom om dié skool se reünie in die stoor op Pierre Moolman se plaas by te woon.

Johan van der Watt het al die pad van die VSA gekom, terwyl Danwilh Ingram die pad van Tzaneen na Loerie aangepak het en Mike Lamont van Meyerton gekom het. Bennie Lamont is van Oudtshoorn, Mona van der Westhuizen van Pretoria, Jansen Saayman van Somerset-Oos, Nico Smith van Baviaans en Sandra Kleingeld van George. Oud-leerders het ook gekom van Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch.

Volgens oud-leerder Theo Vosloo, was die reünie ’n besonderse geleentheid. “Salomie van der Watt, Babetjie Kleingeld, Lenie de Koning en Cathleen Ingram - vier moeders van oud-leerders - het die geleentheid bygewoon, asook twee oud-leerders bo die ouderdom van 80 - Mona van der Westhuizen (gebore Moolman) en Miems de Kok (gebore De Koning).

“Tydens ’n besoek aan die ou skooltjie - nou vervalle - het ons weer eens die soet en bitter van daardie tyd beleef, . . . die nostalgie en diepe dankbaarheid vir die voorreg om deel van dié skool en omgewing se nederige verlede te kan wees.

“Daar was ook tyd vir ’n fotosessie met drie van die graad 1-leerders van 1996 wat na 50 jaar weer saam op kamera vasgevang is.

Die naweeklange reünie is met ’n erediens in die NG Kerk Loerie afgesluit.

Die skool het sy ontstaan in 1914 gehad. Die eerste sinkgeboutjie het in Die Hoek, die vlakte by Melon, gestaan en het vandaar die naam, Groothoek, gekry, vertel Vosloo.

“Selfs nadat die eerste skoolgebou gedu-rende die vloed van 1916 weggespoel is en die permanente baksteen-gebou in 1938 opgerig is, het die naam behoue gebly.”

Volgens Vosloo, het dié skool sedert 1932 met twee onderwysers gespog, maar gedu-rende die laat 1960s het dit weer ’n eenman-skool met nege leerders geword.

Groothoek is aan die einde van 1970 gesluit weens ’n gebrek aan voldoende leerder-getalle en geld.

Tog vertel oud-leerlinge graag staaltjies van toegewyde onderwysers, min geriewe en natuurlik kattekwaad wat aangevang is.

Volgens Vosloo was Groothoek ’n tipiese plaasskool van daardie jare.

“Ek sal altyd onthou dat die skool baie ongekunsteld was, iewat spartaans, met slegs die minimum geriewe. Die gebrek aan elektrisi-teit, lopende water, behoorlike riool en ablusie geriewe, ’n biblioteek, en ’n moderne leeromgewing en fasiliteite vir sport, het nie ’n demper geplaas op die die ontwikkeling van leerders wat hul eerste skooljare daar deurgebring het nie.

“Miskien is daar ’n paar lesse te leer vir die hedendaagse leerder.”

Vosloo onthou dat die onderwysers toegewyd was en altyd net hul beste gegee het - al was dit nie aldag maklik nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.