Oud-Nico Malanner word wêreldreisiger

2016-09-08 06:00
Deoni van Niekerk, ou-matrikulant van Nico Malan Hoërskool in Humansdorp, het nie net die wanderlust nie, maar ook die werkslus en dissipline om suksesvol oorsee te funksioneer. Foto: JANNIE HOUGH

Deoni van Niekerk, ou-matrikulant van Nico Malan Hoërskool in Humansdorp, het nie net die wanderlust nie, maar ook die werkslus en dissipline om suksesvol oorsee te funksioneer. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY is klein en fyn, netjies en goedgemanierd . . . die regte pakket vir ’n jongmens wat buite SA se berperkte werksgeleenthede haar eie suksesverhaal wil skryf.

Deoni van Niekerk, oud-matrikulant van Nico Malan Hoërskool in Humansdorp, het nie net die wanderlust nie, maar ook die werkslus en dissipline om suksesvol oorsee te funksio-neer.

Ná matriek het sy die harde werklikheid van dokumentasie en verhuising aangepak en in die Engelse dorp, Wetherby, met ’n werksvakansie begin. Hier het sy hotel- en restaurantspyseniering geleer ken, die volgende jaar na SA teruggekeer, waarna sy Sportwetenskap iop Stellenbosch gaan studeer het, met atletiek as spesialisasie.

Na ’n tyd as konsultant, is sy weens ’n onge-luk deur ’n kompressie-faktuur platgetrek en moes sy eers herstel voordat sy die wêreld se oseane haar tuiste gemaak het. Hierdie taai wêreld het, na vele probeer-fouteer en navorsing, eindelik ook vir haar oopgegaan, sodat sy sedertdien haar loopbaanrigting verander en op plesierjagte begin werk het.

Sy het nie minder nie as 25 lande besoek, die wêreld se rykes en hul grille geleer ken en sy staan reeds sterk as senior in dié veeleisende werk. Sy doen ’n verskeidenheid take op plesierbote wat deur die superrykes besit word. Hierdie is ’n eksklusiewe groep mense, in wie se wêreld van genot daar soms op plesiervaarte vir slegs ses kajuite se gaste en twintig plus bemanningslede beplan en ge-sorg word.

In die afgelope nege jaar was sy in diens van skatryk Midde-Oosterse oliemagnate, Amerikaners, Oosblok-biljoenêrs . . almal eienaars van sewentig meter-lange en groter jagte. Hulle hou gereelde seevakansies, trakteer vriende en sakelui en doen by hawens aan, waar genietinge op hulle wag. So ’n vaart word tot in die fynste besonderhede deur die bemanning beplan – die inpomp van diesel wat vir een maand kan hou en R82 000 kos . . . die feitlik kliniese reiniging van die hele boot wat deur die strengste van streng persoonlike inspekteurs gekontroleer word . . . die aan-koop en stoor van voedselvoorrade . . . die voorbereiding van die boot vir die komende reis. Niks word nagelaat nie.

As die boot en personeel gereed is, word die eienaar en sy gaste na die betrokke wêrelddeel gevlieg, voordat die reis begin. Sommige eienaars het ’n tweede boot wat naby vaar vir enige gebeurlikhede. Die lewe op die bote is een van totale oordaad: helikoptervlugte, boot-ekskursies, klein duikbote vir gaste se onderwater-plesier, vlieër-golfry, see-bromponies, trampoliens, teaters.

  • H

Deoni beplan om, na voltooiing van verdere sportwetenskappe wat sy in verskeie wêrelddele by haar CV voeg, na Suid-Afrika terug te keer en kalmer te leef.

Die pad om te stap as jy in dié uitdagende bedryf wil staan, is om PYT te google. STCW in die Kaap bied kursusse aan wat o.a. noodhulp en oorlewingstegnieke insluit. Na voltooiing van die kursus moet die kandidaat maar met sy CV gaan “dock-walking” doen in Fort Lauerdale (VSA), Antibe (Frankryk) en in Spanje! Die opoffering is groot, maar die moeite werd.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.