Oujaarkaperjolle

2016-01-28 06:00
Jannie Hough              Foto: VERSKAF

Jannie Hough Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

(DIE ou wat hom- of haarself in dié uiters fiktiewe storie raaksien, moet dalk ’n Psigologie-woordeboek naslaan vir die woord “paranoia.”)

Ek beland met die draai van die jaar so warempel by my huisarts in E.R. Sy vra my waar die pyn is, en toe ek in (wat sy beskou as) “denial mode” ingaan, vertel my bietjie kennis van fisionomie/liggaamstaal vir my dat ek moet lig trap. Toe ek vir haar ek sê ek voel eintlik taamlik goed, sak haar skouers net so ’n professionele aks en haar lippe wil-wil net effens digter sluit.

Nou kyk, sy is alles wat ’n vroulike arts moet wees. Sy besit die volle pakket: Drie B’s – Brains, Beauty en Bedside manners. Netjies en fyntjies en elke haar op sy plek. Maar sy weet mans hou hulle “tough” – en dié “macho”-ding krap so effens aan haar selfbeheer-sing. Ek weet nie of sy haar vuisies gebal het nie, maar ek weet haar kneukels is fyn en skerp – en as sy my op daardie oomblik met ‘n reguitregter tref, kla die polisie haar aan vir messteek.

Ek besef sy wil X-strale laat neem, en ék wil soos gewoonlik nie. Ek maak toe maar so ’n flou chauvinistiese grappie om myself nie te embarrasseer nie: “Wat van ’n kompromie? Ek gee nóú in, maar as jou liewe man en jou kindjie die dag met hul lepels op die etenstafel hamer en Afrika-styl sing: “Weg met die pampoen.....bring die roomys!” – dan roep jy mý professionele hulp in, anders basuin die koe-rant dit die volgende dag uit: “Geliefde arts se man windskeef geslaan met ’n bofbalkolf.” Sy lag hoflik en ek verkas X-strale toe.

Hóé ek by haar beland het, is ‘n ongelooflike storie op sy eie. Ek en Vroutjie sit twee uur vroeër netjies geparkeer en geniet die somersdag, toe kom jaag ’n skarminkel van voor af in my mooi motor vas dat hy soos ’n boktor lyk.

Ek sukkel uit my ryding met ’n heuppyn weens die ongeluk, en binne oomblikke is die hele boksendais van die omgewing daar: verkeerslui (die ou wat die meervoud verkeerd verstaan, is òf moedswillig òf ongeletterd), die immer-blitsige wegsleepdiens, histeriese tannies, verwoede ooms en die bestuurder van die ander kar wat lyk asof hy nie weet of dit Dinsdag of Dingaansdag is nie. Die jong ki-taarnek se oompie kom gooi sy lyf rond: geen familielid mag ’n sprak sprook nie; beroep hom op die Reg; mammies loop rond met groot oë soos ’n mojo. Ek prewel iets van dalk moet die bestuurders getoets word (ék wat meer as ‘n halwe eeu nie rook of drink nie!), maar dis so goed ek laat ’n spoegkobra daar los. ’n Fa-milielid begin my ondervra asof ék die onge-luk veroorsaak het.

Ons ry agter ’n verkeersman na die polisie-kantoor toe, en vir die eerste keer voel ek vei-lig (Nee, njannies, ek rook nie boom nie!). Buite die polisiekantoor vra die outjie se oompie nog steeds vir my vrae: knaend, soos haas met ‘n wortel: Hóékom toetse doen; hoekom sit ek nie in ’n rystoel as my heup seergekry het nie; hoekom sit ek geparkeer terwyl sy protégé ook mos reg op die pad het; hoekom het ek nie simpatie met sy sussie se laaitie nie, hé? Hé? Hé? Ek weet nie of die man geskrik het, en of hy maar altyd lyk soos hy lyk nie. Maar hy tier voort en jaag ’n outjie weg wat ook iets wil sê; kyk goedkeurend na sy jongerige dogter wat haar kop skud wanneer ek die waarheid praat (Dr. Know-it-All, MA, LLD, summa cum laude?). Lyk my ék is skuldig volgens haar wyse opinie.

Ek ruk natgesweet wakker. Sodom en Gomorra – dit was sowaar ’n droom. Natuurlik, stupid, betig ek myself. Sulke goed gebeur mos nie in ónse land nie!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.