‘Pa baklei, sterf om gesin te red’

2017-08-17 06:05
Johan Marais, voorsitter van die Jeffreysbaai-veteraanmotorklub, is die afgelope naweek in sy huis doodgeskiet.        Foto:VERSKAF

Johan Marais, voorsitter van die Jeffreysbaai-veteraanmotorklub, is die afgelope naweek in sy huis doodgeskiet. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE gemeenskap is geruk toe rowers die naweek vir Johan Marais (62), stigtersvoorsitter van die Jeffreysbaai-veteraanmotorklub, in sy huis doodgeskiet het.

Die Marais-gesin het 20 jaar gelede van die hoë misdaadsyfer in Vereeniging na die stil vakansiedorp, Jeffreysbaai, verhuis om vei-ligheid te soek.

“Is dit nie net so ironies nie?” het Michelle den Hoed, oudste dogter van Marais, Sondag verslae gesê.

Marais se kleinkind het hom Saterdagoggend omstreeks 02:20 wakkergemaak toe ’n ongewone geluid op die onderste verdieping van die huis gehoor is.

Marais het gaan ondersoek instel en homself tussen rowers en hul ontsnaproete bevind. ’n Wilde stoeigeveg het uitgebreek, waarna enkele skote op Marais afgevuur is.

Hy is op die toneel dood.

Held

Den Hoed sê sy glo haar pa se “helde-optrede” is die rede waarom haar ma, ouma en suster se kinders almal veilig in die huis was.

“My pa het baklei om hulle lewend te hou. Daai mans was daar om seer te maak en my pa het sy alles gegee om sy familie te be-skerm.”

Volgens Den Hoed is dit hoe sy haar pa sal onthou. “My pa was vreeslik lief vir plante, veteraanmotors en veral sy kleinkinders. Hy het alles saam met sy kleinkinders gedoen.

“My pa was net ’n werklik goeie mens. Ek en my ma het hom altyd geterg deur hom Ga-wie te noem, want hy sou enigeen help, of jy ’n vriend of vreemdeling was.”

Santa, Marais se vrou, het ook sy liefde vir sy kleinkinders en motors beaam. “Ons almal en die hele dorp was so lief vir hom,” het sy gesê.

Gewild

Volgens Coen van Beek, sekretaris van die veteraanmotorklub, was Marais ’n dinamiese en gewilde mens.

“Almal op Jeffreysbaai het geweet as hulle iets van ’n ou motor wil weet, kan hulle met Johan Marais gesels.”

Ook Carl Trahms, ’n vriend van Marais, het gesê Johan was ’n legende op die dorp. “Hy was baie entoesiasties oor ou motors, met baie liefde vir sy familie. Die hele voorval is net so hartseer.”

Trahms sê die voorval het hom laat besef hoe “ontspanne” mense op dié vakansiedorp leef en dat almal meer bedag op misdaad moet wees.

“Ons, die polisie en plaaslike sekuriteitsmaatskappye moet daadwerklik ’n plan maak om saam te werk. Die feit is misdaad gebeur en ons moet saamstaan.”

Intussen het kapt. Gerda Swart, polisie- woordvoerder, die inhegtenisneming van drie verdagtes vir Marais se moord bevestig.

Swart sê die polisie het enkele minute ná die voorval ondersoek ingestel.

“Gemeenskapslede het die polisie laat weet van verdagte mense in hul agtererf en die polisie het daarin geslaag om een man vas te trek wat vermoedelik by die voorval betrokke was.”

Die polisie het verdere leidrade gevolg en nóg twee mans by hul huise in Ocean View aangekeer.

Drie van die verdagtes - Viwe Dabhoyi (37), Sibusiso Doyi (26) en Khayalethu Dyindyolo (25) het Maandag in die landdroshof in Humansdorp op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal voorgekom.

Die saak is tot 28 Augustus uitgestel.

Marais se roudiens word op Vrydag, 18 Augustus, om 14:00 vanuit die NG Kerk Kompleks, Jeffreysbaai gehou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.