Paultjie veilig by die huis

2017-03-23 06:02
GEVEERDE BLYDSKAP: Paultjie, ’n ringnekpapegaai van Mientel Louw (81) van Wavecrest, Jeffreysbaai, is ná ’n soektog van twee dae en vele mislukte reddingspogings weer veilig tuis.                                                                                                                                             Foto:MONIQUE BASSON

GEVEERDE BLYDSKAP: Paultjie, ’n ringnekpapegaai van Mientel Louw (81) van Wavecrest, Jeffreysbaai, is ná ’n soektog van twee dae en vele mislukte reddingspogings weer veilig tuis. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

PAULTJIE, ’n ringnekpapegaai van Jeffreysbaai, is ná ’n soektog van twee dae en vele mislukte reddingspogings weer veilig tuis.

Dít danksy ’n barmhartige diereliefhebber.

As dit nie vir Amy de Villiers se ‘heldedaad’ was nie, het Mientel Louw (81) van Wavecrest dalk nooit weer haar geliefde Paultjie gesien nie.

Paultjie het verlede Maandagoggend die vlerkepad gekies uit die huis van sy mense-ma, toe die deur van sy hok oopgegaan het.

Ek vermoed dat ek die deurtjie nie reg toegemaak het na ek die oggend vroeg vir hom kos en water gegee het nie,” sê Mientel wat Paultjie 20 jaar gelede onder haar vlerk geneem het.

Eers die aand terug by die huis, het sy met ’n skok besef dat Paultjie weg is.

Rasend op soek na haar geliefde ringnek, het sy die hulp van haar dogter ingeroep. Maar Paultjie het spoorloos verdwyn.

Die Dinsdagaand is Paultjie in die omgewing van die Jeffreysbaai Gholfklub opgemerk. Gewapen met ’n swembadnet, is ’n reddingpoging geloods, maar tevergeefs.

“Ek het begin moed opgee dat ek ooit weer vir Paultjie gaan sien,” vertel Mientel.

In ’n laaste poging om Paultjie te vind, is ’n berig met ’n foto van Paultjie in die Kouga Express geplaas - min wetende dat Paultjie binnekort weer op sy mense-ma se skouer gaan sit.

Onbewus van die grootskaalse soektog, het Amy Woensdagoggend vir Paultjie na die Oribi Dierehospitaal in Jeffreysbaai geneem na sy hom in Leadwoodstraat opgetel het.

“Hy het doodstil in die middel van die straat gesit,” sê sy. “Omdat ek graag die einaar wou vind, het ek ’n boodskap op Facebook gesit.”.

’n Werknemervan ’n familielid het die boodskap binne minute raakgesien en die familie daarvan in kennis gestel.

Sy vlerkie het seergekry en hy het moeg gelyk.

Die personeel by die Oribi Dierehospitaal was wonderlik. Hulle het X-strale van Paultjie se beseerde vlerk geneem en vir hom pynme-dikasie gegee - alles op hulle eie onkoste en sonder om iets terug te verwag.

Minute later het die bekkige papegaai sy eienaar met die woorde “Hello Mientel” gegroet.

“Ek kan nie beskryf hoe bly ek was om Paultjie se stem te hoor nie,” sê Mientel. “Ek het eers gedink dat ek my verbeel, maar toe ek hom sien . . . Ek het nie gedink dat ek hom ooit weer gaan sien nie.”

Terug by die huis, het Mientel hom in sy hok geplaas waar hy doodstil gesit het. Hy het nie ’n woord gesê nie, al het Mientel met hom gepraat.

Bekommer oor sy stilswye het Mientel gaan slaap. Groot was haar verligting toe hy haar die volgende oggend met ’n vrolike “Hello Mientel” gegroet het.

Na ’n dag se troetel was Paultjie weer sy babbelende self.

“Mense voel beslis nie vere nie vir Paultjie nie. Ons ontvang nou nog oproepe van besorgde mense wat wil weet of ons al vir Paultjie opgespoor het,” sê Mientel.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir almal se hulp en omgee nie.

“Paultjie is soos ’n kind in my huis. Hy is die enigste lewende iets wat ek nog van my oorlede man oor het.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
Travel Dreams? Where would you rather be right now?

Partnered: Whether you're missing family overseas, dreaming of family adventures or romantic hideaways we all have that one place we'd rather be right now - but have you thought about the best way to get there?

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.