Queen Victoria hou oor Patensie wag

2016-09-08 06:00
Queen Victoria: Jy moet mooi kyk om dié dame se profiel in die kloof neffens die pad raak te sien - sien jy dit die eerste keer raak, kan jy dit nie weer mis nie.         Foto: MONIQUE BASSON

Queen Victoria: Jy moet mooi kyk om dié dame se profiel in die kloof neffens die pad raak te sien - sien jy dit die eerste keer raak, kan jy dit nie weer mis nie. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JY moet mooi kyk om Queen Victoria se profiel in die kloof neffens die pad raak te sien - maar dit is soos daardie prentjies waarmee hulle glo jou intelligensie toets - sien jy dit die eerste keer raak, kan jy dit nie weer mis nie.

Ek is nie seker wat my waarnemingsvermoë van my intelligensie sê nie - ek het haar nie die eerste, tweede of selfs die derde keer raakgesien nie. Nie eens toe sy aan my uitgewys was nie.

Die vreemde ruimteman-gesig skuins onder haar regteroor en die onbekende vrou op wie sy haar ken rus, ja - maar vir Queen Victoria, beslis nie. Maar dit het my nie daarvan weerhou om foto’s te neem nie.

Eers ure later by die huis toe my man moedeloos ’n sirkel om haar profiel trek, sien ek vir Queen Victoria waar sy vanuit die Cockscomb-berge getrou oor Patensie in die Gamtoosvallei waghou.

Ons toergids, Kobus Kok (70) van Gamtoos Toerisme, vertel dat die bossie-wenkbroue van Queen Victoria nog presies dieselfde lyk as toe hy ’n kind was - die bos het oor die jare nie groter of kleiner geraak nie.

Kok, wat in Patensie grootgeword het, wys vir ons waar die Kougarivier en die Grootrivier bymekaarkom om die Gamtoosrivier te vorm. Hy vertel ons ook meer van die twee verskillende aalwyne wat hier voorkom - die wat in die son floreer en die wat in die skaduwee groei.

En wat beteken die woord Patensie? “Patensie beteken lêplek van die mense, so genoem deur die Khoi-mense wat eerste hier gewoon het,” sê Kok.

Kanaal- en pyplynstelsel

Queen Victoria is slegs een van vele besienswaardighede in Patensie.

Volgende stop ons by een van die talle kanale- en pyplynstelsels.

Kok verduidelik dat die kanaal- en pyplynstelsel vanuit die Kougadam water aan 74 000 hektaar ingelyste grond voorsien. “Elke besproeier word voorsien van ’n aftappunt met ’n selfregistrerende meter voorsien vanwaar hy self die kraan volgens behoefte kan oopdraai. Elke boer kry ’n maksimum van 8 000m/ha/pj.”

Die totale lengte van die hoofkanaal is 97km, terwyl die totale lengte van die takkanale en pyplyne onderskeidelik 30km en 91km is.

Kougadam

By die Kougadam, wat in 1970 voltooi is, kan mens soms vra om deur die damwal te stap en plek-plek raak jy lekker nat.

Die opvangsgebied van die dam is 383 300 hektaar (766 600 rugbyvelde) en spog met ’n inhoudsvermoë van 128,45 miljoen kubieke meter - een kubieke meter is gelyk aan 1 000 liter water.

Die damwal troon 82,3m bokant die rivierbodem en is 305m lank.

Die konstruksie van die wal het die begin van ’n era van dubbelgekromde boogdamme in Suid-Afrika ingelei. Afgesien van die normale sentrale oorloopgedeelte, is vloedbeheersluise met geutuitlope op die linkerflank voorsien.

Daar is in die ontwerp voorsiening gemaak vir ’n toekomstige verhoging van die watervlak met sowat 15.2m.

Nog besienswaardighede

Sorg dat jy stop by dit wat oor is van William Philip se besproeiingstonnel. Die sendeling en sy gemeentelede het dit in 1842 begin bou as deel van hul droom om die gemeenskap se landboubedrywighede te kan uitbrei. Hy het self die rol van landmeter, ingenieur en bouer ge-speel, met soveel selfvertroue dat hy die manne aan beide kante van die rif laat begin grou het, 80m daarvan was rotse. Twee jaar later het die twee groepe mekaar bereik en die tonnel was, ten spyte van skade deur oorstromings, vir meer as ‘n eeu lank in gebruik.

Die uitsig van hierdie punt oor die Vallei is ongelooflik en word nie verniet die Bergvenster genoem nie.

Patensie is die westelike toeganspunt tot die Baviaanskloofberge en Wildernisgebied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.