Randeiers

2015-12-17 06:00
: Jannie Hough

: Jannie Hough

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

`n Aantal vrouens skryf onlangs van hul kinders wat oorsee werk, en hoe hulle `n stuk van hul ouers se menswees saamgeneem het. En ek dink aan duisende van ons volk, waaronder meer as 35 000 dokters en verpleegperso-neel, wat reeds mooi Suid-Afrika verlaat het en steeds op pad uit is. En saam met elke emigrasie bly `n paar randeiers agter.

As `n randeier maar net, per definisie, die een aan die buitekant van `n broeisel eiers was en dus nie uitbroei nie, is dit `n natuurlike verskynsel; maar dis die figuurlike betekenis wat seermaak: die uitgeworpene, die een wat nie inpas nie, die ronkedoor.

In baie families is die ouers randeiers. Oupa en Ouma is vir die modern Y-generation eksentrieke wesens. Hulle waardes verskil. Respek het grootliks by die jongmens ver-dwyn. Kinders kan of wil nie na Ma of Pa omsien nie, want hul verswakte afhanklike toestand frustreer die jongeres se lewenstyl. Dus – ouetehuis toe met hulle. Die 18 plus jare wat die “oubaas” en “oumiesies” hul opgevoed het, word nie in berekening gebring nie.

Hulle dink nie aan die nagte se wakkerbly, die gebede, die trane, die vereelte hande van twee en drie werke doen om die pot aan die kook te hou nie. Nee, vandag is die oom en tannie net iemand wat verdra moet word; wat jou dalk voor jou vriende in die skande steek; mense met wie jy in verkleinwoordjies praat. En as Pa of Ma iets sê, dan knik jy vir jou hogere vriende ... Verskoon tog maar, die ou koppie raas.

En het hulle al die prentjie in ouetehuise gesien: Vreemdes bad die eens waardige ouers; slaan soms selfs aan hulle; planlose, toe-komslose oumensies sit in die sonnetjie of in hul kamertjies en dink aan die verlede. En as Boet of Sus vinning inloer, meesal uit pligsgevoel, is die oue só bly. Só bly. Die halfuurtjie vlieg verby en dan is dit weer wag en hoop ... Ek ken `n prokureur wat sy moeder elke dag besoek. Ek het soveel agting vir hom.

Die waarheid is eenvoudig: As jy te besig is vir die “ou mense”, is jy té besig. Hulle het vir jou liefdevol tyd ingeruim toe jy opgegroei het. As hul opvoeding enigsins geslaag het, behoort die jonger geslag dieselfde vir hul ouers te doen.

Êrens in die ou literatuur word verhaal van `n liefdevolle moeder wat geweet het haar seun wil met die verkeerde vrou trou. Ten spyte van haar waarskuwings het die jongman voortgegaan met die verhouding. Die meisie se haat teenoor die moeder was so groot dat sy vir die seun gesê het sy sal met hom trou slegs as hy sy moeder vermoor en haar hart uitsny. So begogel was hy deur die sieklike verhouding dat hy dit gedoen het. Op pad na die meisie met sy moeder se bebloede hart in sy hand, het hy gestruikel en geval. Toe die hart eenkant toe rol, vra dit vir die seun: “Het jy seergekry, my kind?” Bietjie melodramaties? Miskien, maar daar is `n les in ...

Mag elkeen, wat hierdie feestyd soos `n randeier voel, elkeen wie se kinders vêr oorsee woon, almal wat seer het, al die verworpenes, daaraan dink dat `n rein Baba 20 eeue gelede sy Vaderhuis verlaat het om ons ellende op Hom te neem. Hy is verwerp, gemartel en doodgemaak. En Sy Vader moes dit alles aanskou ... sonder om iets daaraan te doen. Want Hy wou hê ons moet ons menslike swakhede op sy Seun los, sodat Hy die straf kon dra en ons nuut kan word.

Jy is nie alleen hierdie Kersgety nie. As jy by Hom wil gaan sit, doen dit. Hy verstaan jou pyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

TUT extends recess

8 minutes ago

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.