Raylene sprei haar vlerke oorsee

2015-12-03 06:00
Raylene Williams (19) van Arcadia in Humansdorp is uit honderde hoopvolle lidmate gekies om die Broederkerk Blaserbond van Suid-Afrika (BBSA) en Bet-El Morawiese Kerk en blaasorkes in Hernhutt, Duitsland te verteenwoordig.                     Foto: M

Raylene Williams (19) van Arcadia in Humansdorp is uit honderde hoopvolle lidmate gekies om die Broederkerk Blaserbond van Suid-Afrika (BBSA) en Bet-El Morawiese Kerk en blaasorkes in Hernhutt, Duitsland te verteenwoordig. Foto: M

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“OPGEWONDE is nie genoeg om te beskryf hoe ek voel nie. Geseënd . . .”

  • Ren is reeds druk besig om Duits onder die knie te kry.

“Ek kan darem al in Duits groet,” sê sy laggend.

Dit sal die eerste keer wees wat hierdie oudleerder van die Humansdorp Sekondêre Skool oorsee reis en vir ’n lang tydperk van die huis sal weg wees. Raylene vertrek in Januarie 2016 na Duitsland en sal ses maande daar bly.

Op die vraag wie van die familie die meeste gaan verlang, antwoord sy laggend: “My ma Tersia sal seker die meeste verlang. Ek gaan myself te veel geniet”.

Volgens Raylene wat sewe jaar terug by die kerk se blaasorkes aangesluit het, is die groot geleentheid wat haar te beurt geval het, te danke aan haar musiekafrigter Timothy Jantjies. “Hy het my van die program vertel en elke tree van die keuringsproses bygestaan,” sê sy.

Die ervaring is die eerste tree op die pad om haar droom van onderwyseres word te bewaarheid.

“Ek het ’n groot liefde vir tale en ’n onblusbare passie om inligting aan ander oor te dra,” vertel Raylene wat op uitdagings floreer en maklik aanpasbaar is. “Ek het ’n sagte plekkie vir kinders met liggaamlike en geestelike gebreke. Hulle kry nie dieselfde blootstelling as ander kinders nie. Ek besef dit gaan nie maklik wees nie, maar met harde werk weet ek dat ek die werk sal kan baasraak.”

Die belangrikste item wat sy saam haar na Duitsland gaan neem is haar selfoon - die skakel tussen haar en haar familie.

“En natuurlik my Bybel. Ek gaan nêrens sonder my Bybel nie. Dit is my padkos wat my aan die gang hou.”

Volgens Raylene gaan sy haar familie, vriende, samekomste by die kerk, haar betrokkenheid by die blaasorkes en die son die meeste mis.

Dit is ook dié liefde vir groot byeenkomste saam met familie en vriende wat sy aan al die nuwe mense wat sy gaan ontmoet, wil oordra.

Ryalene vertel sy wil eers soveel as moontlik ervaring opdoen voor sy gaan studeer. Sy glo dat dié ondervinding haar ’n hupstoot in haar studies sal gee.

“Ek hoop dat die ervaring my ’n sterker persoon sal maak en voorberei vir alles wat nog vir my voorlê.”

Haar ma, Tersia, sê: “Ek is baie trots op my dogter en ek dank die Hemelse Vader dat die wonderlike geleent-heid haar te beurt geval het. Ek gaan haar baie mis.”

Terug in Suid-Afrika gaan sy as vrywilliger by die Elin Tehuis in die Wes-Kaap werk.

Alhoewel Raylene nog jonk is, is sy ’n ware raakvatter in die gemeenskap. Behalwe vir haar passie om met kinders te werk, is sy die koster by die Bet-El Morawiese Kerk in Arcadia, Sondagskoolonderwyseres, afrigter van die junior blaasorkes by die kerk, asook lid van die kerkkoor en senior blaasorkes. Verder preek sy sommige Sondae by die kerk en is handig in die kombuis.

. Die uitreik word deur die Evangelical Mission in Solidarity (EMS) en Ecumenical Youth Volunteers Programme gefinansier.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.