Reënboogkind met ’n kop vir sake

2016-08-11 06:00
Michelle Klerck, skeppende binnehuisversierder en eienaar van die onderneming Michelle K, is kreatief, passievol, borrelend, babbelend en nederig met ’n groot hart en ’n liefde vir mooi goed.                  Foto: MONIQUE BASSON

Michelle Klerck, skeppende binnehuisversierder en eienaar van die onderneming Michelle K, is kreatief, passievol, borrelend, babbelend en nederig met ’n groot hart en ’n liefde vir mooi goed. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kleurvolle reenboogkind, met ‘n borrelende lag en ‘n passie vir die lewe - dít is hoe ’n mens Michelle Klerck, skeppende binnehuisversierder en eienaar van Michelle K, in ’n paar woorde opsom

Dié 47-jarige blondine is kreatief, passievol, babbelend, én nederig met ’n groot hart en ’n liefde vir mooi goed. Boonop het sy ’n slim kop vir sake op haar skouers en is vandeesmaad al tien jaar die dryfkrag agter Michellle K.

Die koop en verkoop van mooi goed is van jongs af in haar bloed. Klerck het reeds as jong student by die Milnerton-mark handel gedryf - toe al was die skrif aan die muur.

Klerck, oorspronklik van Kaapstad, het in Julie 2006 haar lewe en ’n goeie werk in die stad vir ’n rustiger lewe en ’n droom by die see verruil. Dié vrou met haar passie vir binnenshuise ontwerp, was vir 15 jaar in die oogkun- dige bedryf. “Ek het gedink dat ek brilrame gaan ontwerp, maar dinge het toe nie so uitgewerk nie,” vertel sy laggend.

Skaars ’n maand in Jeffreysbaai, het sy haar eie besigheid geopen. Sy het voorheen ’n winkel in Kaapstad gehad.

Passie

Michelle gesels passievol oor wat sy doen. “Toe ek Mi-chelle K in 2006 begin het, sou ek nie kon droom dat dit so suksesvol sou wees nie.”

Haar winkel is net so propvol verrassings soos sy - ’n spieëlbeeld van haar menswees. By die deur word jy deur ’n warboel kleure begroet, maar dit doen geensins afbreek aan die winkel nie. Inteendeel, die reënboog roep jou al van oorkant die parkeerterrein. Jy kan nie verby-loop sonder om jou neus nuuskierig by die deur in te steek nie. En dan, voor jy jou kan kry, staan jy binne, en verkyk jou aan die magdom heerlikhede van dak tot vloer.

Dit lyk so bedrywig soos in ’n byekorf. In die een hoek is kleurvolle kopbande, in die ander hoek is tafeldoeke en oudhede. En draai jy net effens na regs, sien jy juwele, handsakke, beelde, en reg in die middel swaai ’n bloedrooi voëlhok astrant.

Klerck kan nie vir te lank stilsit nie. Sy is gedurig besig om haar winkel - en haar huis - te herrangskik. “Die dinge rondom my weerspieël wat in my kop aangaan. Dit wat ek dink en voel, kry uiting in my werk,” sê sy. “Verandering is vir my baie belangrik.”

“Mense se belangstelling in my winkel, is my dryfkrag. Ek probeer om iets vir almal aan te hou en om dit so mooi as moontlik te vertoon.”

Die resep agter haar sukses?

“Ek het na die mense geluister wat by my winkel ingekom het,” sê sy. “Michelle K het oor die jare baie ontwikkel. Wat as ’n antieke winkel begin het, spog nou met items van regoor die wêreld - oud en nuut.” Vandag nog kan sy nie verby ’n besonderse tafeldoek of ornament loop sonder om dit te koop en dan weer te herverkoop nie.

Michelle sê haar man laat haar toe om te wees wie sy is. “Hy ondersteun my 100% - hy gee my daardie ekstra oomph in die lewe.”

Sy leef met alles wat sy het - sy is nie die norm nie en pas beslis nie in ’n boksie nie. Almal ken haar as iemand wat hard lag, giggel wanneer sy op haar senuwees is en baie vinnig opgewonde raak.

Ek is geseënd dat ek my passie kan uitleef,” sê sy. “Ek leef nog baie lekker in my eie bubble.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.