Renier Slabbert: ‘Jy kan bo uitkom’

2016-11-17 06:00
Persoonlikheid van die Maand: Renier Slabbert .      Foto: JANNIE HOUGH

Persoonlikheid van die Maand: Renier Slabbert . Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

STEL jou voor: Pappa gewone werkersklas, moeder ’n tuisteskepper, vier seuns en twee dogters, en vra jouself: hoe lyk die toekoms?

Voeg by: hulle is edel ouers (nie foutloos nie), Godvre-send, harde werkers – almal van hulle; respek en skrif- tuurlike beginsels beheer hul lewens; en hulle glo die wêreld skuld hulle niks nie. Dan lyk die prentjie anders.

Renier Slabbert dink nie hy was of is iets besonder nie. Hy was die laaste van vier seuns in Virginia waar sy pa harde skofte in die myn gewerk het. Soms was tannie Corrie so besig dat hulle een aand na kerk by die pastorie teegedrink het en – klein Kobus was weg! Toe lê die outjie onder die kerkbank en slaap. So het hulle grootgeword – elkeen moet verantwoording neem, sy deel in die huis doen, so vêr moonlik na homself omsien, want as jy dit nie doen nie, sal oom Kobus na jou omsien – en dit kan lol.

Renier se vriendelikheid raak jou: hy sien behoefte raak en hy gee om vir ander, sonder om dit aan die groot klok te hang. Die lewe het hom so gemaak. Al die seuns het as skoolkinders reeds koerante in Bloemfontein se strate verkoop. Renier het tydens vakansies in ’n klerewinkel geassisteer. Werk...werk, want geld was skaars. So, al werkend, is hy agter Dirk aan: Landbouskool toe in Tweespruit, want Dirk was net ouer as hy, en Dirk was sy “hero.”

Met “die wêreld skuld ons niks” as hulle leuse, is die drie oudstes universiteit toe in Bloemfontein. Pa het toe vir Irish Linen gewerk. Al die koerantverkoop-geldjies plus banklenings is saamgegooi en die manne het B.Sc. geswot. Toe cum Willie B.Sc., word mediese dokter, Kobus doktor en later professor in kernfisika, en Dirk tandarts en ortodontis. Tannie Corrie het saans om die seuns gekloek, tot Willie een aand vra: “Ma, wat skryf Ma môre?” Toe tannie Slabbie ewe bedees laat weet dat sy niks skryf nie, stuur Willie haar bed toe! Liefde vir die kinders. Dit het hulle gedra. Liefde en dissipline.

Renier vertel: Toe sý beurt vir universiteit aanbreek, het die ander Slabberts reeds die natuurwetenskappe geskaak en was hy nie lus om in hul voetspore te volg nie. Hy wou eers argitek word, maar kom toe agter hy moet kan teken! Toe word hy prokureur. Hy lag lekker oor die ou grap van die man wat op ’n grafsteen lees” “Here lies an attorney and an honest man.” Snaaks, sê die ou, twéé mense in een graf! As jy reg loop, sê Renier, kan jy in enige beroep opreg en eerlik wees. Hy het ’n leuse in sy lewe: Hou dinge eenvoudig. As jy eerbaar leef, is niks gekompliseerd nie.

  • Die laatko

Werk en wen – dit is die Slabberts. Hy het geleer om vergenoeg te wees, mymer Renier – om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie. Dit maak sin, as jy dink die seuns het net een klerekas gehad – klere onder mekaar uitgeruil. Maar tussen gesonde reëls en streng dissipline deur, was daar altyd tere liefde, genoeg kos – selfs vir ander mense en maats en noodlydendes.

Hy is in 1987 met Debbie Lourens getroud, en hul seun is tans vierdejaar meganiese ingenieurstudent op Noordwes Universiteit, en hul dogter is ’n onderwyseres. Re- nier is reeds dertig jaar ’n prokureur in Jeffreysbaai. Stewig. Vasbyter.

Renier se swaar maar geborge kinderjare het nie ongesiens by hom verbygegaan nie. Sy pa is ’n paar jaar gelede oorlede en sy moeder woon gemaklik in die seuns se huis in ’n veiligheidskompleks. Maar Renier het nie die vroeëre swaarkry van sy moeder vergeet nie. Hy besoek haar elke dag en bring tyd saam met haar deur. En hy leef die woorde van ’n onbekende digter – woorde wat hy ook hierdie week aan haar sal voorlees:

“As once you stroked my thin and silver hair, so I stroke yours now at the set of sun. I watch your tottering mind, its day’s work done, as once you watched with forward-looking care my tottering feet. I love you, as I should. Stay with me; lean on me; I’ll make no sign. I was your child, and now time makes you mine. Stay with me yet a while at home – and do me good.”

Dit is Renier Slabbert: die omgee-mens, die vriendelike prokureur, ’n aanwins vir die land. Uit duursame hout gebeitel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.