Renosters vir stompies gestroop

2017-08-17 06:02
Drie Drie renosters van die Lombardini-natuurreservaat in die Oos-Kaap is Dinsdagnag geskiet. Foto:VERSKAF

Drie Drie renosters van die Lombardini-natuurreservaat in die Oos-Kaap is Dinsdagnag geskiet. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Twee witrenosters is Dinsdagnag in die Lombardini-natuurreservaat net buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap, doodgeskiet en hul stomp horings is verwyder.

’n Derde witrenosterkoei is geskiet, maar nie onthoring nie.

Johan Lottering, eienaar van die reservaat, sê albei die gestroopte renosters is voorheen onthoring.

“Dit is ’n klein stuk horing wat weer teruggegroei het wat die stropers gevat het - en daarvoor het ek ’n renosterbul en ’n dragtige renosterkoei verloor,” sê Lottering.

Die renosters was tussen agt en 12 jaar oud, en hul horings is vermoedelik met kapmesse verwyder.

“Die drie renosters is met ’n grootkaliber-vuurwapen geskiet. Gelukkig is die derde renosterkoei, wat nege jaar oud is, net skrams bo die blad raakgeskiet en ek glo sy sal vinnig herstel.”

Dié voorval bring die getal renosters wat tot dusver vanjaar in die Oos-Kaap gestroop is, op vyf te staan. Verlede jaar is 19 renosters in die provinsie gestroop.

Rodney Visser, hoof van die provinsie se Teenstropingseenheid, sê hy glo die laer syfer is weens inhegtenisnames wat oor die afgelope jaar gemaak is.

“Ons ander probleem is dat die stropers van die Nasionale Krugerwildtuin af oorspoel.

“Weens die goeie werk wat die veldwagters in die wildtuin doen, is daar tot dusver vanjaar 111 minder stropingsvoorvalle. Maar nou sal die stropers KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Oos-Kaap binneval en nuwe stropingsgroepe hier stig,” meen Visser.

Visser se span en die polisie was reeds Woensdagoggend op die toneel om leidrade te soek. Lottering sê hy is baie dankbaar vir die owerhede se spoedige optrede. “Ek het pas teruggekom van oorsee. Ek was Woensdag nog in Port Elizabeth by die lughawe toe ek ’n boodskap oor die voorval van my plaasbestuurder gekry het.

“Die polisie was gou op die toneel en hulle het werklik tot laataand onverpoosd gewerk.”

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gisteroggend gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie volg verskeie leidrade op.

Lottering was teen gister positief oor die vordering wat gemaak is, maar sê hy weet ook dit sal waarskynlik nog ’n rukkie wees voor ’n verdagte aangekeer kan word.

Herhaling

Vir Lottering was Dinsdagnag se voorval by-kans ’n herhaling van ’n aanval op die natuurreservaat in 2015 toe ’n renosterkoei en haar kalf in dié reservaat afgemaai is.

Vier dae ná dié aanslag is ’n verminkte renosterkoei in die bosse van die reservaat gevind, wat net-net asemgehaal het. Die renosterkoei het landwyd bekend geraak as Hope, nadat sy verskeie baanbrekeroperasies ondergaan het om haar gapende kopwond gesond te probeer kry. Sy is in November 2016 weens ’n bakte-riese infeksie in haar dunderm dood.

Lottering sê hy het reeds die natuurreservaat van 1 300 ha van hoek tot kant gefynkam, maar kan steeds nie vasstel hoe die stropers toegang gekry het nie.

“Ons reservaat is daarop gefokus om diere binne te hou, nie mense uit te hou nie. Maar die voorval is net weer eens ’n bewys dat ons die sekuriteit nog meer sal moet verskerp,” sê Lottering.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.