Rou riool bedreig landboubedryf

2016-05-19 06:00
’n Onvoltooide deel van Hankey se rioolwerke wat weens probleme oor finansiering vertraag word. Foto: DEON FERREIRA

’n Onvoltooide deel van Hankey se rioolwerke wat weens probleme oor finansiering vertraag word. Foto: DEON FERREIRA

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Port Elizabeth. – Boere op vrugteplase wat aan die Kleinrivier in die Gamtoosvallei grens, is bekommerd dat onverwerkte rioolwater wat uit Hankey se rioolwerke in dié rivier beland, hul vrugte, asook mense wat water uit die rivier vir menslike gebruik skep, kan besmet.

Volgens Neels Schellingerhout van Schellingerhout Boerdery buite Hankey, het E.coli-toetse wat onlangs gedoen is, getoon dat die toegelate norm ver oorskry is, maar die boere wag nog op die amptelike uitslag van die toetse.

“Die rou rioolwater lek uit die rioolwerke en vloei deur ’n stuk grond tot waar dit in die rivier beland.

“Boere mag nie water uit die riviere binne ’n besproeiingskema pomp nie. Die gevaar bestaan nou dat wanneer die Gamtoos-besproeiingskema sy kanale van 11 tot 26 Junie vir die jaarlikse instandhouding sluit, Hankey – wat deel is van die Kouga-munisipaliteit – water vir die dorp uit die besmette rivier sal moet pomp.

“Die besmette water hou normaalweg nie gevaar in vir die boere laer af in die vallei nie, maar wanneer die Gamtoos-besproeiingskema se kanaalstelsel skoongemaak word, word klein hoeveelhede onttrek vir die was van groente, drinkwater vir vee en die spuit van bome en groente,” het hy gesê.

“As van hierdie groente en diere deur die besoedelde water besmet word, kan dit baie groot skade aan die landboubedryf aanrig, veral die uitvoermark vir vrugte,” het Schellingerhout gesê.

“Baie mense wat noodgedwonge van die water direk uit die rivier vir huishoudelike gebruik moet aanwend, kan ook besmet word.

Laura-Leigh Randall, woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, sê Hankey se rioolwerke is so ontwerp dat die behandelde rioolwater in die Kleinrivier gestort mag word.

“Daar behoort egter nie onverwerkte riool by die uitvloei te wees nie.

“As dit die geval is, is daar iewers fout en die munisipaliteit sal ondersoek instel en die probleem regstel.”

Volgens haar word die rioolwerke tans opgeknap teen ’n beraamde koste van R7 miljoen.

Dit sal help om te sorg dat die gehalte van die uitvloei by die rioolwerke aan die vereistes voldoen.

“Die werk is omtrent 95% voltooi en word deur die departement menslike nedersettings gefinansier.

“Daar was ’n bietjie van ’n oponthoud met die voltooiing weens kwessies oor betaling.

“Ons verwag egter dat dit binnekort uitgesorteer sal word sodat die projek spoedig afgehandel kan word,” sê Randall.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.