S-t-o-p beteken nie stilhou nie

2017-06-29 06:00
: Jannie Hough

: Jannie Hough

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VYF motors ry laasweek agtermekaar in ’n 100km-sone.

Laaste in die ry is ’n byderwetse silwerkleurige blits wat besluit die ononderbroke, dubbele witstrepe en spoedbeperking is van die duiwel, en hy skiet by ons almal verby – sonder noodligte; en ek dink by myself: “Watchit, Schumacher, voor in die wapad wag ’n speedie.” En so by my kool – toe ons die eerste draai in Jeff inry – daar vergader Ta en die manne in bruin ongesellig langs die pad.

En onwillekeurig wonder jy oor die amptelike K53 (as jy nie weet wat dit is nie, doen weer aansoek om jou leerlinglisensie), en jy besef mense bestuur volgens hulle eie boek (lees: breinloos). Derhonderde bestuurders het hul eie reëlboek. En dis nié ’n veralgeme-ning nie – hulle emosionele toestand is hulle driver’s manual. As hulle ’n kans kan vat, dat vát hulle hom.

Klink die volgende bekend? –

  • Die toeter: Dit word amptelik gebruik om ander padgebruikers in ’n noodgeval te waarsku. Dit geld nie vir minibus-taxi’s nie: hulle mag dit gebruik om passasiers nader te roep, hulle pelle te groet en sommer vir die lawaaierige genot daarvan. Ander bestuurders mag dit ook gebruik om hulle woede te ontlont en rondloperdiere te verjaag. (Skilpaaie, honde en katte word nie gewaarsku nie – hulle ry jy sommer vrek).
  • Die Stopteken: Die vereis dat jy jou voet op die rem plaas (dit is die pedaal links van die petrolpedaal) tot die motor heeltemal duskant die witlyn stop. Vir die meeste bete-ken dit kruip oor, sluip oor, jaag oor. Vandaar die spreekwoord: “Sy ignoreer my soos ’n stopstraat”). In sekere provinsies (no names, no pack-drill), beteken die stopteken ook: ry oor terwyl die verkeer vir jou moet wag; wys obsene tekens as iemand voor jou by die stopstraat stop; jy mag ook by hom verbyry en hom uitkryt vir ’n idioot of enige ander siel-kundige term in jou woordeskat; as hy iets terugsê, mag jy sy windskerm of sy kop met jou bofbalkolf verpletter. Jy mag ook jou pistool uitpluk as die onnosel vent voor jou by ’n stopteken stilhou. (Nota aan myself: “Myself, moenie in sekere dele van die land by ’n stopteken stop as daar ’n motor agter jou is nie. Dit kan tot jou vroeë dood lei”).
  • Sperstrepe: Jy mag verbygaan slegs as daar onderbroke wit strepe in jou rylaan is. Jy kan dit ook anders interpreteer as jy wil: Jaag oor enige streep, gebroke of ononderbroke; as jy laat is vir jou afspraak, hoef jy jou nie aan enige streep te steur nie (ook nie die een in jou psige nie). As ander verkeer nie links beweeg nie, mag jy tekens wys, jou vuiste bal en jou noodligte flits.
  • Verkeersirkels: As jy die eerste uitgang wil verlaat, sein na links as jy die sirkel na-der. Gee voorrang aan verkeer wat van die regterkant aankom. (Jy hoef nie vir elke motor wat duisend kilometers van regs af aan-kom, te wag nie). As jy ’n ander uitgang wil verlaat, sein betyds. By ’n mini-sirkel: sein as jy links of regs wil draai. Gee toegang aan verkeer wat eerste oor die toegangstreep ry.

Hier by ons geld ander reëls: As jy verkeer links van jou sien, kan jy maar jaag – hulle moet wag, al was hulle eerste by die sirkel, want jy kom van regs af. Gebruik die nodige obsene tekens en taal om dit in hul klapperdoppe te kry. Boeke oor verkeersreëls is deur ’n trop orangoetangs geskryf, en dit geld nie vir ons nie. Jy hoef nie flikkerseine te gee nie. Dis vir amateurs; en jy kan vryelik in enige van die twee bane om ’n sirkel ry en van baan verwissel sonder enige teken. (Maak ’n nota aan jouself: Bid dat jy nie in die stad Welkom gaan bly nie – dáár is slegs sirkels. In daai stad gaan ’n paar wilde latte jou uithaal).

  • Verbysteek: In sekere provinsies geld die volgende reëls: As jy sit en slaap, en ander motors wil verbysteek, trap die petrol dat hul dit nie regkry nie. As jyself verbysteek, pasop vir voetgangers. Vir ’n vark op die pad tussen Aston- en Jeffreysbaai hoef jy nie te stop nie. Ry oor hom, sny sy keel af en eet vir twee jaar lank bacon. (Wees versigtig om nie ’n gewone vark met ’n padvark te verwar nie. Die terme is bietjie verwarrend, want albei gebruik die pad, maar probeer jou beste).
  • Robotte: Jeffreysbaai het gelukkig net een, want tannie Laura het eendag aan die media gesê ons inwoners weet nie eers hoe om die één robot te gebruik nie – wat wil ons nog met meer maak? Ek stel voor die munisipaliteit verwyder die enkele speek in die wiel en verhoog sodoende ons ongeluksyfer.

Maar, terwyl ons nou belas is met die één, dit werk soos volg: Rooi beteken stop. Geel beteken maak gereed om te stop – nie maak ge-reed om vet te gee nie. Groen beteken ry. Groen beteken nié jy mag voor ’n motor wat reguit ry, indraai nie. Hy het voorrang, al is die robot vir jou ook groen. Dis die reëls, maar reëls is natuurlik vir die voëls.

  • Voorrangtekens: Oom met die snor, stop gerus by ’n teken wat vir ’n moeder met ’n baba gereserveer is. En dan oortuig jy met flikkerende ooglede die karwag jy is ’n vrou – veral as daar net brannas en Coke onder die kombersie in jou babawaentjie lê. As jy nog jonk is, mag jy maar by ’n parkering vir senior burgers stop. Dan moet die ou mense vêr van die sentrum af stop – dis goed vir hulle verkalkte bene. Enigeen mag ook maar by ’n rystoel-teken stop. As iemand jou aanpraat, vertel hom jy het so pas weer begin loop na ’n hewige chirurgiese ingryping – en hinkepink dan soos ’n kar met ’n pap band as jy wegstap. Hy moet duidelik kan sien jou wheel balance is nog nie reg nie.
  • Verkeersmanne: as een van julle familie ’n ongeluk veroorsaak, laat hulle jou dadelik bel, sodat jy hulle kan kom bystaan. As die slagoffer vra vir ’n alkohol-blaastoets, begin skreeu dat dit onnodig is; gil op almal, beledig hulle, beskerm ten alle koste jou seuntjie of dogtertjie (gelisensieer?) wat die ongeluk veroorsaak het. Gooi jou lyf rond en vertel jouself die publiek is bang vir jou uniform. So kan jy help dat reg en geregtigheid geskied – dit wil sê, die slagoffer is skuldig en jou familie kom skotvry.
  • Ten slotte: Onlangs het ’n lid van die publiek ’n videokamera in die hoofstraat oorkant ’n motorhawe opgestel. Nie een van die motors wat afgeneem is, het by die stopteken gestop nie. (Die kamera kon natuurlik foutief gewees het).

Anders moet dit ouens van ander provinsies wees wat so ry – want die mense van die Oos-Kaap ry suiwer volgens K53.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.