Seun van oudpolisieman vermoor

2017-05-04 06:00
Zane Hayward. Foto:VERSKAF

Zane Hayward. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Dag nadat die lyk van die vermoorde Zane Hayward (29) agter ’n klub in Jeffreysbaai gevind is, het polisie in die dorp drie verdagtes vasgetrek.

“Speurders het aanhoudend gewerk om die skuldiges op te spoor en drie verdagtes is Sondag omstreeks 11:30 in hegtenis geneem,” sê kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder.

Die drie verdagtes, wat van 19 tot 26 jaar oud is, het Dinsdag in die landdroshof in Humansdorp verskyn.

Hayward se lyk met erge kopbeserings is Saterdagoggend omstreeks 07:15 agter die Beachfront-klub in Pellsrus aange-tref. “Die motief vir die moord was roof, aangesien geld geneem is,” sê Swart.

Hayward se pa, Johnny, ’n oudpolisieman van Jeffreysbaai, kon Sondag nie sin maak van die moord op sy seun, wat aan Russell-Silver dwergsindroom gely het, nie. “Almal het van hom gehou,” vertel Johnny. “Hy was hulpvaardig en hardwerkend, en het altyd gelag. Iemand het my vertel hoe hy altyd gehardloop het om haar te help om kruideniersware te dra na inkopies.

Ek was vir 33 jaar ’n polisieman en het baie mense toege-sluit. Ek wil nie glo dit het iets met sy moord te doen nie, maar hoekom anders sal iemand ’n man soos hy aanval?”

Johnny meen Hayward het vriende naby die klub besoek toe die voorval plaasgevind het. “Hy het voorheen by Billabong gewerk en goeie vriende gemaak, waarvan ’n hele paar naby die klub woon. Ons het hom nog 00:30 gesien waar hy Playstation-speletjies gespeel het, maar hy is seker daarna na Pellsrus.”

Hayward se niggie, Chantell Hayward, het ook hom na die nuus van sy sterfte op Facebook vereer. “Woorde kan nie beskryf wat ek vandag voel nie,” skryf sy. “Ek sal jou altyd onthou. Daardie koffie-oggende by ouma se huis, jou stem wat my vroeg-vroeg kom wakker maak het by my woonstel. Ons lekker grappies, en dan kon jy so lekker vir Robbie Wessels na-aap.

“Ai Zane, my brein sê vir my jy’s weg, maar my hart wil dit nog nie glo nie. Jou leemte gaan diep lê in die harte van so baie mense. Rus sag my neef. Jy sal vir altyd in my hart rond dwaal.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.