Sitrusfeestyd in die Gamtoosvallei

2016-06-09 06:00
Danie Malan neem feesgangers op een van sy sitrusboordtoere. Foto: VERSKAF

Danie Malan neem feesgangers op een van sy sitrusboordtoere. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Gamtoosvallei se Sitrusfees, wat op 11 Junie gehou word, is veel meer as ’n selfie met ’n marsmannetjie, sitrusboordtoere, musiek en smulgoed. Dit is ook ’n okkasie om blad te skud met ’n boer en dankie te sê vir die kos wat hy vir ons verbou.

Daar is mos ’n ongemaklike gesegde wat lui: “Jy beskou jou vriende, familie en gesondheid as vanselfsprekend totdat jy dit nie meer het nie .”

Daar is ook die neiging om boere so vanselfsprekend te beskou, asof hulle altyd daar sal wees, altyd oor paaie en die reën­ sal kla, en altyd ons kos sal plant.

Ek dink nie die Oos-Kaap se Gamtoosboere is te gekwel dat ons wat nie van plant en ploeg weet, so dink nie – solank ons stadsjapies en dorpenaars darem af en toe kom bladskud op een van hul feeste.

In die Gamtoosvallei is heelwat sulke ge-leenthede, maar die hoogtepunt is die jaarlikse Sitrusfees, wat vanjaar op 11 Junie by Patensie gehou word.

Tog, vandat die ruimteskip (party mense bly sê dit was ’n meteoriet) by die koppe bo Patensie gaan land het, is nie alles presies soos dit was nie.

Op die oomblik gons dit oor die een boer wat een van die ruimtemannetjies gevang het. Daar word geskinder dat hy die arme knaap eers gaan loslaat wanneer die Sitrusfees verby is – hy glo mos hy kan baie geld maak deur die besoekers selfies met die marsmannetjie te laat neem.

Nichola Uys, organiseerder van die Sitrusfees, het bevestig dat daar “so iets” is, maar dat nader besonderhede eers bekend gemaak sal kan word sodra sy 100% gerus voel dat die mannetjie se gesondheid dit sal toelaat.

“Indien wel, sal ons óf stap- óf fietstoere na sy plek van verblyf aanbied,” het sy gesê.

Danie Malan, boer van Tierhoek, reken die mense kan maar sulke uitheemse goed loop soek, maar hy wat Danie is, sal hom eerder by lemoen en suurlemoen hou. Dié dat hy vanjaar weer sy sitrusboordtoere tydens die fees sal aanbied. “Bel my by Patensie 535,” beduie hy op sy selfoon toe ek hom oor dié toere bel.

Patensie 535? Hy lag. “Ag ja, julle weet ook nie. Al die nommers op Patensie begin met 2830. En onthou tog ook om die kode vóór die 2830 te skakel!”

Sy sitrusboordtoere is glad nie ’n besigheidstorie nie, verduidelik Danie oor die plaaslyn, “dis net vir charity, vir bewusmaking van die vallei”.

Kortliks werk dit só: ’n Groot sleepwa (met bankies en ’n dak) word agter die trekker met Danie agter die stuur gehaak, en dan is dit boorde toe.

“Ek wil hê hulle moet sien en iets van sitrus leer,” vertel hy. “Eerste wys ek hulle die jong boompies; hulle kry kleertjies (’n wit skermpie om die stam teen wind en son). Dan vertel ek hulle dié boompies is my soldaatjies; oor ’n jaar veg hulle net vir my .”

Van sy besoekers, vertel Danie verder, het só verlief geraak op sy jong sitrusbome dat hulle elke jaar kom saamry om te kyk hoe dit met die “soldaatjiebome” gaan.

“Die lekkerste is wanneer hulle lemoene in die boorde pluk om hul eie sakkie vol te maak,” sê Danie. “Veral vir die kinders is dit ’n treat.”

Word die toere permanent aangebied? Nee, antwoord Danie; hy is ’n boer, nie ’n toerismeman nie. Dié wat wil saamry, sal maar op 11 Junie na die Sitrusfees moet kom.

Nog ’n bonus van dié feesdag is die groot verskeidenheid vars plaasprodukte wat te koop aangebied word. By die kunsstalletjies sal hoofsaaklik oorspronklike handgemaakte kunswerke verkoop word. Dié wat dors is, kan ’n koue in die biertent sluk of vars uitgedrukte Gamtoos-lemoensap geniet.

Benewens die Agri-ekspo met sy trekkers, bakkies en motors, behoort die trapkarre, verfbal-teikenskiet, skattejag en vele ander aktiwiteite oud en jonk lekker besig te hou. Die Broers, Cobus & Christo, asook Nic Ste-vens en ander sangers sal vir musiekvermaak sorg.

Toegang is R40 vir grootmense en R10 vir kinders. Skakel Nichola Uys by sitrusfees­@­patensie.­co.­za, of besoek die webwerwe www.­citrusfestival.­co.­za en www.­baviaans.­net vir nader besonderhede.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.