‘Skok, vrees en onsekerheid as jy hoor’

2017-06-29 06:01
Kobus Cronje (12) van Jeffreysbaai is kort voor sy eerste verjaardag met serebrale verlamming en ’n erge graad van outisme gediagnoseer.                            Foto:VERSKAF

Kobus Cronje (12) van Jeffreysbaai is kort voor sy eerste verjaardag met serebrale verlamming en ’n erge graad van outisme gediagnoseer. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE donkerkop-seuntjie lag oopmond van plesier, met ’n strepie speeksel teen sy ken – onbewus daarvan dat hy moet sluk.

Met sy hande voor hom uitgestrek en sy kop gekantel, doen dié 12-jarige wat hy die meeste geniet: klap hande.

Voor hom sit sy ma en pa, Lurina en Wernich Cronje - die hartseer speel wegkruipertjie in hul oë. ’n Paar jaar gelede het hulle gedink hulle sal nooit hul jongste so interaktief en gelukkig sien nie.

Hul seun, Kobus, se outisme het hulle bang gemaak.

“Van voor jou kind se geboorte het jy al drome vir hom,” sê Lurina. “Dan skielik wonder jy of hy ooit onafhanklik sal kan wees, normaal sal kan funksioneer en ’n gesin sal hê. Sal hy ooit in die samelewing inpas?”

Toe word hul vrese een vir een waar.

Kobus sukkel met sosiale interaksie, empatie, kommunikasie en aanpasbaarheid. Slaap is ’n luuksheid wat hom nie aldag beskore is nie.

Tog kan sy oneindige liefde nie ontken word nie.

Donker dae

Kobus was ’n perfekte, gesonde en lewenslustig baba met geboorte.

Maar toe verander alles.

“Na hy op twee maande met ’n longvirus gehospitaliseer is, was hy nooit weer dieselfde nie,” sê Lurina. “Hy was net ’n skaduwee van die eens vrolike baba wat ons geken het. Weg was sy gebrabbel en ondersoekende handjies.

“Tot vandag toe weet ons nie wat verkeerd gegaan het nie. Te veel of te min suurstof? Medisyne? Ons kan net spekuleer.”

Sy vertel hulle was verpletterd toe serebrale verlamming en ’n erge graad van outisme maande later by hom gediagnoseer is.

“Jy verwag nie ’n diagnose soos outisme nie - nooit, nooit, nooit nie,” sê sy.

“Daar was hartseer en vrees. Jy weet nie wat die toekoms inhou nie. Jy kan jouself voorberei soos wat jy wil, maar jy weet nooit wat om te verwag nie. Ons probeer alles, en behou die goeie.

“Ons leefstyl en prioriteite het ingrypend verander. ’n Mens se sosiale lewe is iets van die verlede. Mense vermy jou - bewustelik of onbewustelik, want hulle weet nie hoe om die situasie te hanteer nie.”

Lurina, wat haar werk opgegee het om Kobus te versorg, vertel dit is ’n wonderwerk dat hy kan loop - al het dit meer as twee jaar se harde werk en terapie gekos.

Kobus, wie se intelligensievlak die van ’n tweejarige is, dra permanent doek en ’n bors-lap.

Verder is sy sintuie oorsensitief. “Dit wat vir ons soos ’n ligte wind klink, klink vir hom soos ’n tornado,” sê Lurina. “Hy raak gou met geluide en aanraking geïrriteerd, en het geen aandagspan nie. Hy is die hele tyd op-en-af, op-en-af.

“Hy reageer ook nie as jy met hom praat nie, dit lyk asof hy doof is. Maar eintlik is dit net sy reaksietyd wat stadig is. Verder raak hy spasties as hy bly of kwaad is - ons weet nie aldag watter een dit is nie.

“Pyn of gevaar bestaan nie in sy wêreld nie. Ons moes noodgedwonge ons hele huis baba-veilig maak. Niks onnodig staan rond nie en portrette word hoog teen die muur opgehang.

“Kobus het 24/7 toesig nodig.”

Nuwe meubels is ’n luuksheid wat hulle nie beskore is nie - dit word te gou verniel.

“Dit is emosioneel en fisies uitputtend,” sê Lurina wat ses jaar terug breekpunt bereik het. “Ek moes noodgedwonge hulp aanvaar en leer om iemand anders met Kobus te vertrou.”

Maar dit is nie als sleg nie.

Kobus is baie lief vir drukkies gee en hy is mal oor ‘vry’. “Ons is baie gelukkig dat ons aan hom kan raak,” vertel Wernich. “Hy is geweldig musikaal en hou goed ritme. As jy kan hande klap en sing, is jy sy held. Toonvas of vals; dit maak nie saak nie.”

Daar skort niks met sy eetlus nie.

Wernich lag: “Hy is lief daarvoor om te proe of jou kos dieselfde as syne proe. Hy sal na jou bord staar tót jy vir hom ’n happie gee.

“Party dae is moeiliker as ander - veral wanneer hy siek is. Hy kan nie vir ons sê wanneer iets fout is nie. Lurina ken Kobus en sy gewoontes so goed, dat sy twee dae voor die tyd al weet as hy gaan siek raak.”

Benewens sy opgeleide oppasser - wat nooit lank bly nie as gevolg van die hoë eise wat die werk stel - is Kobus se bondgenoot sy Golden Retriever, Chloë. Chloë is ’n geregistreerde outistiesme dienshond - enig in haar soort in Jeffreysbaai.

Lurina sê dat sy dikwels wens dat sy in sy kop kan loer om te sien waaraan hy dink. “Ek raak moedeloos omdat dit soms te veel raak en ek niks kan doen nie. Ek moet sterk wees, want ons is al wat hy het.”

‘Normaal?’

Sou sy dinge anders wou gehad het?

Lurina se oë skiet vol trane: “Niemand kan dit vir my vra nie. Natuurlik sou ek wou hê dat hy ‘normaal’ moet wees. Watter ouer sou nie?

“Dit is baie moeilik; ek kan nie jok nie. Ons moes van ’n gesonde kind afskeid neem, en ’n nuwe ‘spesiale’ kind verwelkom.

“Kobus sal nooit óns normaal wees nie, maar hy sal sý normaal wees. Hy het sy eie lewetjie en is baie tevrede daarmee. Ons aanvaar hom so, al maak dit diep binne nog baie seer.”

Aanvaarding

“Dit moeilik om Kobus na enige vreemde plek te neem,” vertel Lurina. “Hy hanteer verandering en vreemde plekke nie goed nie.”

Om vakansie te gaan hou is onmoontlik.

Wernich sê laggend: “Aan die begin van die naweek het almal hul karavane in ’n laer saamgetrek, maar hier teen die Sondag het almal hul karavane ver weg van ons staangemaak. Kobus se vroegoggend-mannewales is net een te veel vir hulle.”

’n Uitstappie na inkopiesentrums is ook nie kinderspeletjies nie.

Eers is dit die gesukkel om Kobus en sy rolstoel in die motor te kry, en dan om dit weer uit te kry. “Hoewel ek ’n goedgekeurde gestremde parkeerskyf het, val baie mense - veral ouer mense - my verbaal aan wanneer ek op ’n parkeerplek vir gestremdes stop,” sê Lurina. “Ek stop beslis nie hier omdat ek te lui is om te loop nie.

“Verder tree die publiek baie vreemd teenoor hom op. Hulle staar en maak aanmerkings. Dit voel asof ons die hele tyd onder ’n vergrootglas is en nêrens inpas nie.”

Lurina pleit: “Aanvaar hierdie kinders sonder oordeel. Begrip van die publiek sal baie help.”

Seëning

“As ek terugkyk en die vreugde van nou vergelyk met die emosies wat ek en Lurina gehad het toe ons uitgevind het hy is outisties, verskil dit soos dag en nag,” sê Wernich.

“Dit is eintlik ’n seëning dat hy is wie hy is, want hy is so eerlik en rein. Hy steek niks weg nie en sy onbeperkte liefde is opreg.

“Nie net het hy ons as ’n familie nader aan mekaar gebring nie, maar hy hou ons nederig en leer ons wat ons werklik nodig het.”

Anders as meer as ’n dekade gelede, toe Kobus gediagnoseer is, het hulle nou vrede - al is daar nog baie donker dae en hartseer.

“Ons lag darem baie meer as wat ons huil.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

/News
 

Does your dog have separation anxiety?

We've got tips, advice and how to help your dog

 
 

Paws

Fascinating facts about dogs
Perfectly captured cat snapchats!
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.