‘Skryf deel van Kouga-skuld af’

2017-04-20 06:00
: Retief Odendaa.             Foto: VERSKAF

: Retief Odendaa. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Nelson Mandelabaai-metro se burgemeesterskomitee gaan aan die metroraad aanbeveel dat die helfte van die Kouga-munisipaliteit se waterskuld afgeskryf word en dat die balans rentevry oor ’n driejaartydperk terugbetaal word.

Die metro verskaf water in grootmaat aan die Kouga-munisipaliteit en verbruik word maandeliks deur metertoerusting op groot toevoerpype gemeet.

Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie, het gister aan die burgemeesterskomi-tee gesê die metro het sedert 14 Desember 2012 tot die verwydering van die metertoerusting in April 2016 ’n geskatte rekening aan Kouga verskaf.

Hy het die burgemeesterskomitee gevra om aan die metroraad aan te beveel dat R24 737 312,31 van Kouga se waterskuld afgeskryf word en dat die res oor ’n tydperk van 36 maande rentevry betaal word.

“Kouga het dit baie duidelik gemaak dat die grootte van die rekening die munisipaliteit finansieel sal knak en dat hulle stappe sal doen om ons te keer om die geld van hulle te eis.

“Die Kouga-munisipaliteit was nog nooit agterstallig met sy betalings aan die metro nie. Dit is pynlik, maar dit is ’n fout van die verlede,” het Odendaal gesê.

Mongameli Bobani, onderburgemeester, het kapsie gemaak teen die beplande aanbeveling. “Ek stem nie saam oor die kwessie nie. Dit kan pynlik wees om R24 miljoen af te skryf. Dit is belastingbetalersgeld wat aan ons toevertrou is. Die rekeningstelsel is in ’n chaos. Maar dit is nie ’n chaos net vir die Kouga-munisipaliteit nie. Dit is ’n chaos vir al die metro se inwoners.”

Volgens Bobani skuld die Kouga-munisipaliteit die metro baie geld. “Daardie geld behoort aan die metro se inwoners en hulle moet dit betaal,” het hy bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.