Slagoffer stig ondersteuningsgroep

2016-06-02 06:00
Kort nadat Mia van Daalen in 2012 met Guillain-Barré sindroom (GBS) gediagnoseer was, het sy in ’n rolstoel beland. Vandag, na ’n lang herstelpad, het sy volkome herstel en hoef sy nie meer behandeling te ontvang nie. Foto: VERSKAF

Kort nadat Mia van Daalen in 2012 met Guillain-Barré sindroom (GBS) gediagnoseer was, het sy in ’n rolstoel beland. Vandag, na ’n lang herstelpad, het sy volkome herstel en hoef sy nie meer behandeling te ontvang nie. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE een oomblik was sy nog piekfyn; die volgende was Mia van Daalen in ’n rolstoel.

Sy het probeer beweeg, maar sy kon nie. Sy wou praat, maar sy kon nie. Tot vandag toe vind sy dit moeilik om oor haar skok-ervaring te praat.

Nagenoeg vier jaar het sedert dié dag in 2012 verloop, toe Van Daalen skielik “anders” begin voel het.

Aanvanklik het hulle nie geweet wat fout is nie. Na verskeie toetse het medici vasgestel dat Van Daalen, toe 12 jaar oud, ’n erge graad van Guillain-Barré Sindroom (GBS) onder lede het.

Kort na haar diagnose het sy in ’n rolstoel beland.

Volgens Van Daalen was sy later daardie jaar met Chroniese Inflammatoriese De-miëlinerende Polineuropatie (CIDP) gediagnoseer - die kroniese vorm van GBS.

Ek moes elke drie weke behandeling ontvang,” sê sy. “Dit het veroorsaak dat ek gedurende my Graad 10-jaar by die Global Leadership Academy in Jeffreysbaai, uit die skool was. Ek kon eers die daaropvolgende jaar teruggaan en het verlede jaar gematrikuleer.”

Sy het so herstel dat sy nie meer behandeling vir CIDP hoef te ontvang nie.

“Ongelukkig is nie alle GBS-pasiënte so gelukkig soos ek nie,” sê Van Daalen. “Na my siekte is ek geïnspireerd om mense te help waar ek kan, al is dit net om ondersteuning te bied.”

Van Daalen, Eduan van der Walt (Puma-rugbyspeler van Nelspruit) en Andrew Tucker (mediese student by die Universiteit van Kaapstad) het ’n Facebook-groep, Guillain Barre Syndrome SA, gestig. Al drie het GBS gehad.

Die doel van die groep is om meer mense van die seldsame sindroom bewus te maak, en om ’n ondersteuningsnetwerk vir GBS-pasiënte en hul families en vriende daar te stel.

“GBS is ’n seldsame sindroom, een uit 100 000 mense word hierdeur geraak,” sê Van Dalen.

Wat is Guillain-Barré sindroom?

Guillain-Barré Sindroom (GBS) is ’n outo-immuunsiekte waar die liggaam se immuunstelsel die senuweestelsel aantas. Hoewel die presiese oorsaak van GBS onbekend is, volg dit gereeld op die hakke van ’n ernstige aansteeklike siekte.

GBS beskadig die senuwee se miëlien-skede, wat veroorsaak dat boodskappe stadiger deur die liggaam beweeg. In ernstige gevalle kan GBS lei tot die verlamming van die hele liggaam.

Sodra GBS by ’n pasiënt gediagnoseer is, kan die pa- siënt behandeling ontvang en selfs ten volle herstel.

Simptome en tekens

  • Gevoelloosheid en ’n prikkelgevoel: Die gevoel van prikkeling (soos naalde) in die voete, hande en/ of gesig.
  • Ongekoördineerde beweging: Die onvermoë om bewegings, soos om te stap, uit te voer.
  • Probleme met asemhaling: Stadige asemhaling en moeite om asem te haal.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/Sport

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.