Smittie druk al 50 jaar in die ‘vleis-skrum’

2017-03-09 11:45
Heldemar Smith, daar waar hy tuis is - tussen die beeste.                  Foto:VERSKAF

Heldemar Smith, daar waar hy tuis is - tussen die beeste. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OM in die wêreld van vleisbemarking te oorleef en om tussen die boer en die slagplaas en tussen boer en boer jou staan te staan . . . en elkeen soek sy pond vleis, met jou as die middelman, is beslis nie ’n maklike taak nie.

“Nie maklik nie, nee, ’n hárde wêreld sê ek jou . . . ek ken dit deur-en-deur, al ‘n volle 50 jaar,” sê Heldemar Smith (74) van Humansdorp - Smittie, soos meeste hom in die vee- en vleiswêreld in die Oos-Kaap ken.

Jy hoor sommer met die intrap hier is ’n man wat in hoofletters praat.

Aan die einde van Februarie het Smittie as deurwinterde hierdie goue mylpaal bereik.

En nog steeds is hy alles behalwe klaar met dié besonder intense, kompeterende bedryf.

“Ek het op 1 Maart 2017 my volgende vyftig jaar begin,” sê Smittie en sy glimlag laat sy gesig ophelder.

Hy skud sy kop en, met ‘n kyk baie ver verby my, skaterlag hy soos ‘n man wat klaar geleer skrik het en asof dit maar alles deel van ‘n veesmous se wêreld is. “Ek was ’n paar keer amper bokveld toe, man. Op ’n dag raak ’n klomp moeilike slagbeeste uit beheer uit en hulle boender bo-oor my. Daardie swaar hoewe, ou maat!

“‘n Ander keer gooi ’n kwaai koei my met die horings reg bo-oor ’n heining … Ek val van ’n hoë laaibank af … Maar, hier sit ek deur die genade! Die Here was besonder goed vir my deur al die jare.”

Lewendehawewêreld

Smittie is in die lewendehawewêreld van veral die Oos-Kaap, maar ook landwyd, goed be-kend. Vir jare het hy meer as 120 000km per jaar afgelê, van Swellendam tot in Queenstown, van Graaff-Reinet tot Grahamstad, die Karoo tot in die Tsitsikamma. Soms ook ver buite die provinsie tot in Louis Trichardt, Vrystaat en Noord-Natal. Miljoene kilometers. Met die brandstofboikotte van die 1970s was dit sommer per vliegtuig ook agter vee en kliënte aan - Aberdeen, Graaff-Reinet, Zastron, Bloemfontein, Port Alfred.

“Daardie een- en tweepropeller-goedjies. Ek het daarmee ’n paar noue ontkomings gehad.”

In die 1970s met die groot reën wat spoorlyne weggespoel het, moes hy soms nadat veilings verby was, deurnag vee op vragmotors vir kopers laai. Hy moes baie planne maak met en onderhandel oor vervoer, ooreenkom oor prys, en kommissie sny om ’n transaksie deur te kry. Dan was daar die swaar reëns in die laat sestigs – 19 duim in 21 dae – wat sake erg ontwrig het, veral vir hom as ’n Karooseun wat nog nooit soveel water gesien het nie.

Toe later, vyf lang, droë jare in die 1980s wat veeboere desperaat gehad het en Smittie soms in trane van ’n plaas laat wegry het. “Laai die diere vir wat jy ook al vir hulle kry, Smittie…” En so kan hy bly vertel, sommer boeke vol, sê dié altyd haastige en besige Humansdorper. Sedert 1968 woon hy op dié dorp en dit is steeds sy basis.

En dan lui sy selfoon ook alweer … Dié ma-kelaar het rérig geen rus nie.

Jong plaasseun

Hy vertel van sy lewe as jong plaasseun en hoe hy in die “vleisbesigheid” beland het.

Smittie het in 1967 tydelik vir Vleissentraal by Port Elizabeth se slagplaas gaan werk.

“Ek was verloof en my salaris was R110 per maand. So beland ek toe in dié bedryf en dit word ‘n permanente storie – “’n lang trek van 50 jaar.”

Smittie skud sy kop. “Ou maat, ek sê jou dit was harde jare, maar lekker jare waaroor ek goed voel en baie dankbaar is voor die Vader. Ek kon miljoene vir myself gemaak het as ek al die winskope wat partykeer opkom vir myself gekoop en weer verkoop het, maar ek wou nie en was doodgelukkig om net die middelman te bly en dit my kliënte te laat toekom. Hulle het my vertrou, en vandag is ek al bemarker vir kliënte van die derde geslag.”

Hy het uiteindelik by ses verskillende lewendhawekoöperasies gewerk en in 2001 besluit hy begin sy eie onafhanklike bemarkingsaak. “Gee hom ’n telefoon en ’n stuurwiel – dis Smit,” sê sy vrou Esmé. “Daar is boere wat partykeer hul tjekboeke vir hom gegee het, só het hulle hom vertrou en sy integriteit nooit in twyfel getrek nie.

Verskille

Smittie vertel daar was baie verskille rondom kilo’s wat net tussen die plaas en die slagplaas weggeraak het. En dan oor graderings, na- tuurlik. Moet dit nie ‘n ongewisselde ‘A’-karkas wees nie? Hoe kan die gradering nou ‘n tweetand, ’n ‘AB’, wees? En dan maar weer seker maak en die koue lip van die dier daar aan die haak loop oplig, asof jy ’n lykskouing doen en die ding laat gryns.

Saam met die produsent het hy sulke soort goed opgevolg, aangespreek en opgelos. “Jy moet die vertroue van jou boere wen, en by die slagplaas moet jy betroubare manne hê wat hulle werk reg en eerlik doen, anders kom daar groot moeilikheid en ongelukkigheid.”

Talle kere was dit vroegdag op die pad om by ’n boer uit te kom. Dieselfde dag weer te-rug. Soms op baie kort kennisgewing. Reëlings met vervoer slagplaas toe en dan administrasie om na te gaan. Partykeer honderde kilometer gery “vir pure verniet”. Maar dankie tog vir die selfoon en internet vandag se dae. Dit help.

Terugblik

Noudat hy so terugkyk sê Smittie hy sou sy loopbaan nooit sonder sy Hemelse Vader kon volvoer nie, asook nie sonder sy wonderlike lewensmaat met Job se geduld en Salomo se wysheid nie, sy kinders, asook al die produsente en baie vriende wat hom deur die jare ondersteun en bygestaan het.

“Ek dank hulle uit my hart uit.”

En al vat die 70s aan sy lyf, wil hierdie gevierde lewendehawemakelaar steeds voortstu soos ’n fikse speler daar waar dit bul-teen-bul in die harde skrum van die vleisbemar-kingswêreld is.

Hy het nou sy tweede 50-skof begin vat, steeds met sy besige foon en die stuurwiel van sy hoeveelste ryding in die hand.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.