Solis-wenner stel debuut CD bekend

2016-03-03 06:00
Elandri Venter Elandri (14) van Jeffreysbaai stel eersdaags haar debuut CD, Halleluja, bekend. Foto: MONIQUE BASSON

Elandri Venter Elandri (14) van Jeffreysbaai stel eersdaags haar debuut CD, Halleluja, bekend. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY is ‘n kleine mensie met die stem van ‘n nagtegaal.

Elandri Venter (14) van Jeffreysbaai stel eersdaags haar debuut CD-bekend. Haar mu-siekvideo het vroeër vanjaar die lig gesien.

Dít kom na Elandri in 2015 die gesogte Solis vir Christus-titel losgesing het. Sangers van skole landwyd was deel van die gospel-sangkompetisie se agste reeks, wat deur die televisieprogram Tienerzone en kunstenaar Anthonie Bougas aangebied word.

As deel van haar prys het Elandri ’n CD-opnamekontrak en musiekvideo van haar wenliedjie, Halleluja, - ook die naam van haar CD - losgesing. Dié musiekvideo is reeds op Kruiskyk en KykNet uigesaai en kan ook op YouTube gesien word.

Elandri was in Graad 7 by die Victory Christian School in Jeffreysbaai toe sy die kompetisie gewen het, en pak nou haar hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp aan.

Musiektalent is beslis is die Venters se bloed. Dit is dan ook geen wonder dat Elandri se pa, Jannie, die titelsnit en wenlied spesiaal vir sy dogter geskryf het nie.

“Ek het vir ses jaar met die melodie in my kop geloop en altyd geweet dit kan ’n lied word. Met die aanvang van die kompetisie het ek geweet die tyd is reg - dit pas perfek by my dogter se stem en styl,” sê Jannie, die medevervaardiger van kinder-DVD’s soos Pienkvoet-Pret met Bester en Jouberta.

Die gospel-CD bestaan uit vyf liedjies. Behalwe vir die oorspronklike lied geskryf deur Jannie, sing Elandri Wonderbare God - spesiaal vir haar geskryf deur Franco van Niekerk - op die CD.

Volgens Elandri, sing sy vandat sy in Graad R is en was in Graad 4 deel van die OP-koor. Dit is hier waar sy ontdek het dat sy met gemak die hoër note kan bereik en sy het aan verskeie kompetisies begin deelneem.

“Ek sal graag eendag ’n erkende sangeres wil word,” sê Elandri wie se rolmodel Bobby van Jaarsveld is. “Hy sing nie om mense te beïndruk nie, maar omdat hy dit geniet.”

Wanneer sy nie sing nie, hou sy daarvan om te dans en klavier te speel en neem vanjaar toneelklasse.

Elandri stel haar nuwe CD op 12 Maart om 19:00 by die Victory Kerkl bekend. Kaartjies kos R20 per persoon.

Vir meer inligting of om ’n CD te koop, kontak Jannie Venter by 084 808 3054.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.