Spogplaas ná jare steeds onbenut

2016-06-02 06:00
Die plaas, Concorpia, wat in 2006 deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gekoop is vir ’n gemeenskapsopheffingsprogram, is vandag verniel en onbenut.                       Foto: VERSKAF

Die plaas, Concorpia, wat in 2006 deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gekoop is vir ’n gemeenskapsopheffingsprogram, is vandag verniel en onbenut. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SEWE jaar ná ’n forensiese oudit op ’n grondhervormingsprojek in Tsitsikamma is die betrokke plaas steeds onbenut en die begunstigdes platsak.

Die plaas, Concorpia, is in Desember 2006 deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DRDLR) vir nagenoeg R7 miljoen gekoop om die gemeenskap op te hef.

Isaac Mafiet, een van 297 begunstigdes, sê hulle soek antwoorde vir die projek se mislukking. “ ’n Regeringsamptenaar het in 2006 by ons huise in Nompumelelo, Thornham en Stormsrivier aangekom om begunstigdes te kry vir ’n plaas van 46 ha wat by ’n boer gekoop is.

Mafiet sê die departement het ’n organisasie, Luwasa, aangestel om die plaas namens hom te bestuur en geld is daarvoor na hulle oorgeplaas.

“Ons was tevrede daarmee, want ons het niks geweet van plaasbestuur nie en sou mettertyd van die organisasie leer hoe om dit te doen,” sê Mafiet.

Sammy Mdunyelwa, wat ’n begunstigde is, aange- sien hy reeds op die plaas gewerk het, sê hy het gesukkel om betyds elke maand sy salaris te kry en het besluit om ander werk te soek.

“Ek het later gehoor die plek is verniel en die projek om plante te kweek het platgeval.”

Yolande le Roux, burgemeesterskandidaat vir die DA in Koukamma, sê die voormalige minister van Landbou en Grondsake, het Luwasa se kontrak beëindig en versoek dat ’n ondersoek gedoen word.

Die ouditeurs, PricewaterhouseCoopers, het ’n forensiese ondersoek gedoen en bevind dat geld vrugteloos verkwis is.

“ ’n Bedrag van R1 535 220,29 is nie aangewend waarvoor dit bestem is nie. Daar is ook nie omsigtig opgetree om verliese te voorkom nie,” aldus die ouditeursverslag van 6 Augustus 2006.

Die ouditeurs het aanbeveel dat tugstappe teen die projekleiers ingestel word en dat die departement strafregtelike klagte moet oorweeg. Of dít gedoen is, weet die begunstigdes nie.

“In die lig van die hoë werkloosheidsyfer en die feit dat die meerderheid van die trustees van die projek prominente ANC-politieke leiers is, is dit verskriklik dat so ’n moontlik winsgewende projek misluk het,” sê Le Roux.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.