Stadsraad faal rolstoelgebruikers

2017-09-21 06:01
’n Voortslepende gesukkel om ’n swakgevulde opening langsaan die parkeerplek vir rolstoelgebruikers voor Checkers in Da Gama-weg op te vul, maak sommige betrokkenes nou warm onder die kraag.                                            Foto:MARINDA HOUGH

’n Voortslepende gesukkel om ’n swakgevulde opening langsaan die parkeerplek vir rolstoelgebruikers voor Checkers in Da Gama-weg op te vul, maak sommige betrokkenes nou warm onder die kraag. Foto:MARINDA HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Voortslepende gesukkel om ’n swakgevulde opening langsaan die parkeerplek vir rolstoelgebruikers voor Checkers in Da Gama-weg op te vul, maak sommige betrokkenes nou warm onder die kraag.

Die Kouga-munisipaliteit het vroeër ’n voor vanaf die teerpad by die winkel se ingang verby gegrawe om aan ’n waterpyp te werk wat aan ’n brandkraan gekoppel is. Die voor is opgevul en weer met teer bedek, maar die vulsel het gesak en die hele reparasie nadelig beïnvloed.

Volgens Daniel de Villiers het sy buurvrou se voet elf weke gelede by dié swak gerestou-reerde voorjie geswik, sy het geval en ’n beentjie in haar voet gebreek. Sy ondervind steeds probleme met die besering. Hy sê hulle het dadelik met die bestuur van Checkers gekontak. Die winkelgroep kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die toestand van die parkeerarea nie, en die klaers is meegedeel dat dit ’n munisipale aangeleentheid is. Die bestuur het ook belowe om die saak met die areabestuurder op te neem.

Na verdere skakeling met die winkelgroep se bestuur, het hul met mev. Olivier, (volgens de Villiers ’n lid van die bestuursraad van die gebou), gekontak. Sy is gevra om toe te sien dat daar aandag aan die swak herstelwerk gegee word, maar de Villiers sê sy het aange-dring om alles op skrif te ontvang. Tot op hede is nog niks aan die saak gedoen nie.

De Villiers sê hulle ontevredenheid is nie misplaas nie, want in weerwil van die gevaar aan die swak herstelwerk verbonde, ontvang die eienaars van die gebouekompleks huurgeld, maar nóg die gebou se administrateurs, nóg die munisipaliteit lyk bereid om iets aan die saak te doen.

Intussen stop daar gereeld motors langs die plek waar die voortjie na die gebou toe draai, en dít is waar die probleem die ergste is. Die klaers wil nie probleme veroorsaak nie, maar vra slegs dat elke betrokkene sy deel doen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.