Stap seelangs en in die woud

2016-06-09 06:00
Die staproete strek oor die groter Kaap St. Francis-gebied en loop onder meer verby die kusgebied.     Foto: VERSKAF

Die staproete strek oor die groter Kaap St. Francis-gebied en loop onder meer verby die kusgebied. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

CALAMARI, ’n kanaalrit, kuswoud en die see se groot blaasgat . . . Dit wag op stappers op die Walk on the Wildside-roete in die Kaap St. Francis-omgewing.

Die gemaklike roete oor 38 km word oor drie dae en twee nagte afgelê.

Mens kan heel gemaklik met ’n 6 km-lange sirkelroete in die Irma Booysen-natuurreservaat, skuins oorkant die Kaap St. Francis-vakansieoord, begin.

Die 6 km-sirkelroete kan rek deur die Seal Point-reservaat laer af in Da Gama­straat in te sluit. Hier kan stappers op die strand sit en kyk na die sonsondergang voordat hulle aandete in Joe Fish Restaurant gaan geniet en in die Kaap St. Francis-vakansieoord gaan oornag.

Die volgende oggend kan besoekers wéér ontbyt in Joe Fish eet – want dis als by die Walk on the Wild Side-pakket ingesluit.

Sorg vir ’n stewige ontbyt, want die tweede dag se roete neem jou 16 km deur ’n inheemse kuswoud in die Dune Ridge-natuurreservaat. Varings, oumansbaard en veelkleurige swam-me groei langs die voetpad. Die duineveld se hoogste punt bied ’n volronde uitsig op die Baviaanskloof-berge, die Tsitsikamma en die oseaan. Op ’n mooi dag kan mens selfs Sea View naby Port Elizabeth sien.

Van hier loop die voetpad tot teenaan die kus, en kronkel verby die tweede grootste blaasgat in die Suidelike Halfrond, ’n Khoi-graf, en oorblyfsels van skeepswrakke.

Stap na Seal Point, die hoogste geboude vuurtoring op die mees suidoostelike punt van Afrika. Hier kan jy in Sankub se rehabilitasiesentrum pikkewyne en ander seevoëls van nader beskou.

Ná die “pikkewyn-kuier” is dit net ’n kort stappie na die Kaap St. Francis-oord waar jy in ’n lekker sagte bed kan opkrul.

Die volgende oggend strek die pad verder kuslangs tot by Port St. Francis. Stappers kan calamari voor ’n tjokka (dis nou die “calamari-vis”) in ’n spesiale demonstrasie skoongemaak word.

Die 16 km word voltooi via die Twee Hawensstap en strandlangs tot by die bekende St. Francis-kanale, waar ’n boot die stappers op ’n kanaalbesigtigingstoer neem, en by die nuwe Quaysyde Restaurant vir middagete aflaai.

Ná ete gaan die stappers terug na die Kaap St. Francis-vakansieoord.

  • Die stap is glad nie moeilik nie, en geskik vir die meeste ouderdomsgroepe en fiks-heidsvlakke. Die spesiale wintertarief begin by R2 290 per persoon vir groepe groter as agt. Meer inligting is by www.chokkatrail.co.za beskikbaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Convicted cop killer 'sorry'

2016-09-29 05:44

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.