Strale in die hospitale

2016-03-31 06:00

RÖNTGENOGRAFIE. ’n Mooi naam vir ’n lelike ding.

Toe oom WK Röntgen hierdie elektromagnetiese strale ontdek het, het hy min kon weet watter Schmerz hy vir die gewone sterfling veroorsaak. Of miskien is dit meer korrek om te sê: X-strale is sedertdien sommer baie waardevol, maar die kleredrag – die afstootlike hospitaaldrag wat jy moet aantrek voor jy soos ’n skaap ter slagting na die folterkamer gelei word – dít is waardeloos verby.

Hier is die scenario: Jy loop die lang gang af, want jy weet jou arts staan en loer onge-siens vir jou....vir ingeval jy by ’n sydeur uitvlug. Dan verskaf jy in die ontvangskamer alles, van jou noemnaam en elke liddo-ring en skeet tot terug in jou derde geslag voordat jy mag sit en wag. Dit is die goeie deel. ( Voor jy verder lees: hierdie skrywe het ’n ouderdomsbeperking van 30 jaar, want die inhoud daarvan is te gewelddadig vir ’n jonger siel).

  • Die radiograaf loer met ’n onthutsende glimlag en noem jou naam – asof sy jou vir roomys nooi. Jy volg haar in ’n waas. Sy stoot jo

Dan trek die radiograaf-meisie weer die gordyn oop en vra of jy al aangetrek is. Dis eers dan dat jy besef jy was vir tien minute met X-straalklere in gesprek. Jy besluit op quieta et movere en glip in die afskuwelike kledingstuk in. Jou wit bene steek onder die soom uit. Hulle is so maer, dit lyk of jy op jou hande loop. Vernedering. Menslike lyding. Is hierdie ’n hospitaal? Die Middeleeuse foltermetodes lyk soos ’n Sondagskoolpiekniek in vergelyking. Hoekom moet ’n beskaafde mens sulke persoonlikheidsvernietigende “klere” aantrek? Waar is Hannon (of is dit Shannon?) met sy leefstylraad? Waar is die ghoeroes wat klere ontwerp? Waar is die Hooggeregshof waar jy kan prosedeer vir laster?

Jy skuifel die kamer binne. Sy draai jou liggaam in elke hoek en kant aan driehoeksme-ting bekend, plus nog ’n paar ekstra. As jy ongelukkig genoeg is om kunstande te hê (behoede ons!), lê hulle vir jou eenkant in ’n bakkie en grynslag, terwyl jy jou mond soos ’n ballon opblaas om nie te stupid te lyk nie. Dan skiet sy jou met daai strale wat deur so-liede stowwe dring en weefsels vernietig. En weer. En weer. Hierna verfoei jy fotografie vir die res van jou lewe. As jy ’n fotograaf sien, kry jy ’n angsaanval.

Jy maak ’n aanbod om hulle ordentlike klere te help ontwerp. Klere met ’n broek by. Klere wat jou nie aan ’n permanente minusgevoel laat ly nie. Die dametjie glimlag net liefies....en roep die volgende slagoffer.

Jy strompel by die hospitaal uit. Jy neem jou voor om te gim en te swem en spiere te bou voor jy weer in so ’n sielsvernietigende toestand beland. Om oor agter-oop-hospitaaldrag te praat,is bloot net te traumaties.

O, jy lag, né Nursie? Lag maar. ’n Mens hoop jy kan die dokter en die radiograaf (én die uitvinder van daai blou klere) eendag in jóú studeerkamer kry vir berading. Jy sal al hulle vere uitpluk. En daar sal geen bedekking in ruil gegee word nie. En...hulle hoef nie eers te betaal nie.

Die ou gratis diensie sal ’n groot plesier wees. Wedersydse professionele liefde.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.