Sy twyfel of ‘teisteraar’ gestraf gaan word

2017-09-28 06:00

MAANDE lank het ’n vrou van Patensie glo gehoor hoe ’n senior personeellid haar wil bedwelm en verkrag.

“Maar weens sy posisie sal hy nooit aangekla word nie,” meen die slagoffer, wat nie ge-ïdentifiseer mag word nie.

Die vrou (27), ’n werker van die Patensie- korrektiewe sentrum in die Oos-Kaap, beweer sy word al maande lank deur die senior lid geteister.

By navraag aan die Departement van Korrektiewe Dienste het Vuyo Gadu, streekbeleidskoördineerder, bevestig dat die saak op 20 September by die departement aangemeld is.

“Met die ontvangs van die verslag het die gebiedskommissaris ’n beampte aangestel om ’n formele ondersoek na die aantygings te doen,” sê Gadu.

Hy sê die klaer is intussen ook na ’n ander afdeling van die sentrum geskuif, totdat die ondersoek na die voorval afgehandel is.

Die klaer het bevestig dat sy na ’n ander afdeling geskuif is, maar beweer die betrokke man teister haar steeds aangesien hy geen formele aanklag teen hom het nie.

Buiten dat die man haar glo gereeld pro-beer soen, dreig hy om “iets” in haar kos of drankies te gooi sodat sy kan slaap terwyl hy haar verkrag.

Die vrou het ’n klag van seksuele teistering by die polisie probeer aanhangig maak, maar is weggewys omdat die man glo nie haar ge-slagsdele betas het nie.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê anders as in ’n maatskappy se interne ondersoek, moet ’n strafregtelike saak bo rede-lik twyfel bewys kan word om suksesvol te wees.

Hy het voorgestel dat die vrou die voorval by hul interne kantoor aanmeld.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.