Talita van Rooyen wil voluit lewe

2016-11-24 06:02
Talita van Rooyen het onlangs haar eie juweel-onderneming, Talita’s, begin om haar gestremdheid te beveg. By haar is haar verloofde Douglas Payne.               Foto: MONIQUE BASSON

Talita van Rooyen het onlangs haar eie juweel-onderneming, Talita’s, begin om haar gestremdheid te beveg. By haar is haar verloofde Douglas Payne. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SKUIF nader, beveel-nooi sy waar sy kromgetrek in haar rolstoel voor ’n deurmekaar lessenaar sit.

’n Klein, helderpienk spieël staan byne verlore tussen koffiebekers, sigaretstompies, glase, pille, papiere, ’n koeldrankbottel, ’n Bybel en selfs ’n hamer.

Bokant oud-jokkie Talita van Rooyen (40) se lewenslustige groen-bruin oë is ’n konsentrasie-frons, maar haar hande vat sekuur en raak terwyl sy haar dik krullebos tem. ’n Langsame proses, want elke keer wanneer sy praat, staan haar hande stil.

Haar hare en gelaatstrekke is al wat sy nog het, sê die fyngeboude parapleeg, met die parmantige Winnie-the-Pooh pantoffels en vriendelike glimlag.

Talita spandeer daagliks ure aan haar voorkoms, al verstaan haar verloofde Douglas Payne (62) nie waarom nie. Sy is dan pragtig net soos sy is.

Daar was egter ’n tyd toe sy nie vir haarself in die spieël kon kyk nie. Na haar ongeluk in Februarie 2005, was sy baie dae teneergedruk en wou nie meer lewe nie.

Toe verander alles. Liefde het onverwags haar pad gekruis en deesdae leef sy haar kreatiwiteit in haar nuwe blink onderneming uit.

Sy was nie altyd in ’n rolstoel nie. Meer as elf jaar terug in die fleur van haar lewe - fiks, gesond, sportief en op die kruin van haar loopbaan - het ’n fratsongeluk in ’n oogwink byna haar lewensdraad kortgeknip. Haar perd, Dream Wonder, het tydens die opwarmingsrondte van ’n groot perdewedren geval en sy rug gebreek. Die perd het probeer opstaan en met sy volle 500kg op haar skrale 45kg-pos- tuur geval.

Talita, toe 28, het veelvuldige beserings opgedoen, onder meer haar rug en sleutelbeen gebreek. Sy het vir weke tussen lewe en dood in die hospitaal se intensiewe sorgeenheid gehang. Haar familie is verskeie kere ontbied om haar te groet, maar die dood sou haar nie toe steel nie.

Sy glo die Here het haar gespaar vir ’n rede - om goed te doen waar sy kan. Dié taak sou egter nie maklik wees nie, want niemand kon haar volledig ‘regmaak’ nie. Haar rug is met 70 grade uit en sy sal nooit weer kan loop nie. Dit was ’n geweldige slag - nie net fisies nie, maar ook psigies.

“Na die ongeluk was ek vreeslik angstig,” vertel sy. “Ek sal nooit weer professioneel kan perdry nie - iets waarvoor ek so hard gewerk en baklei het.”

Talita’s

Dit is vandag ’n nuwe Talita hier by haar huis in Wavecrest. Met tye raak sy so opgewonde oor haar lewe dat dit lyk of sy kan opstyg.

Sy het onlangs haar eie juweel-onderneming, Talita’s, begin om haar gestremdheid te beveg.

Tussen die warboel goed op die lessenaar trek sy ’n klein plastiekbak propvol handgemaakte armbande en hangertjies nader. Sy sit die een na die ander armband aan soos sy geesdriftig meer oor haar juwele vertel - haar bos hare vir eers vergete.

“Kyk, die een het ’n uil . . . en die een ’n oneindigheidamulet . . . en my gunsteling, Hello Kitty.”

Elke juweelier - hetsy van suede, paracord, leer of ketting - word met groot sorg en liefde gemaak en vind by oud en jonk aanklank. Dus het elke kunswerk ’n made with love amulet aan.

Die juwele in die bakkie is slegs ’n handjie-vol van haar hande-arbeid. Die eetkamertafel, kaste en stoele dra swaar aan al die klaar- en halfgemaakte juwele: pienk, swart, rooi, blou, pers, geel, groen - enige kleur waaraan jy kan dink. Daar is verskillende temas: see, uile, kruise, Frozen, Circle of Life, wild en kleurvolle stene.

Talita krap doelgerig in ’n groot, wit boks: “Die verskillende dele van my juwele kom van regoor Suid-Afrika. Ek het tot goed van oorsee bestel.”

Sy droom groot en hoop om eendag haar eie handelsmerk te hê. En om haar getroue Ford Fiesta vir ’n nuwer model in te ruil.

Die liefde

Die liefde het ook onverwags haar pad gekruis - ’n bestiering van God.

Sy en Douglas het einde Julie, vanjaar tydens ’n kunsmark ontmoet en trou in Janua-rie 2017. Dit was liefde met die eesrste oogopslag - al het hulle dit nie toe al geweet nie. Hulle droom daarvan om kinders van hul eie te hê.

“Douglas bid al vir die afgelope 25 jaar vir ’n vrou wat vir hom sal lief wees. Ek het nooit vir ’n man gebid nie, slegs dat God my moet help. Ek was baie depressief. Ek het heeltemal alleen gevoel en was nie meer lus om te lewe nie. Toe stuur God Douglas oor my pad.”

Sedert hul tweede ontmoeting in Augustus, is hulle onafskeidbaar.

“Ek sê elke dag dankie vir die Here dat ek weer voluit kan lewe. Alles vat nou wel langer, maar my lewe gaan voort. Die ongeluk het my baie geduld geleer.

“My lewensfilosofie is dat mens nie moet kyk wat jy verloor het nie, maar eerder fokus op wat jy oor het en die beste daarvan maak. Dit is wat die Here van ons verwag.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.