Talle werkers op droë plase kan werk verloor

2017-06-15 06:01

’n Duisend werkers op besproeiingsplase in die Gamtoosvallei kan hul werk kwyt wees wanneer die waterkwota vir die nuwe waterjaar bekend gemaak word.

Die kwota sal voor die einde van vandeesmaand deur die departement van waterwese aangekondig word om van 1 Julie tot 30 Junie, aanstaande jaar geldig te wees.

Die vlak van die Kougadam, wat besproeiingswater aan die gebied voorsien, was Vrydag slegs 19,5% – die laagste sedert 1996.

Met die reën wat steeds wegbly, word gemeen ’n “drastiese” inkorting van die jaarlikse toekenning kan verwag word weens die lae vlak van die dam.

Die ergste is die werkverliese wat daarmee gepaardgaan,” sê Pierre Joubert, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad. “Vir elke 10%-vermindering in die waterkwota, gaan 1 000 werkgeleenthede verlore. ’n Onlangse opname het getoon dat 10 000 werkgeleenthede in die vallei geskep word wanneer boere, wat van besproeiingswater afhanklik is, hul volle toegekende waterkwota vir die jaar ontvang.

“Maar vir elke 10% waarmee hierdie jaarlikse watertoekenning gesny word, verloor 1 000 mense hul werk. Ek sal nie verbaas wees as hierdie syfer tans hoër kan wees nie, want die meeste groenteboere verpak deesdae self hul produkte en skep daardeur vir baie meer mense werk,” sê Joubert.

“Ons moet ook onthou daar is baie indirekte verliese, soos firmas wat verpakkingsmateriaal verskaf. Ander ondernemings in die vallei is ook afhanklik van die boere. Dit is natuurlik moeilik om al hierdie dinge te kwantifiseer.

“Daar is geen manier waarop ons die water meer kan maak nie. Die Nelson Mandelabaai-metro, wat ook water uit die Kouga-dam kry, het verskillende bronne, en Fase 2 van hul Nooitgedachtskema skop in Julie in.

“Die Nooitgedacht-skema voorsien water wat van die Gariepdam afkomstig is aan die metro. Die Gamtoos-boere het egter net hierdie een bron, en daar gaan baie groot oesverliese wees as die Kouga-dam nie gou aansienlik styg nie.”

Hy verduidelik dat, hoewel sy raad nie ’n sê het oor die bepaling van waterkwotas vir verbruikers nie, is aanbevelings gedoen aan die minister wat die uiteindelike besluit sal neem.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.