Titaan en vark-kraakbeen moet Hope nou help

2016-10-27 06:00
Hope, geliefde renosterkoei van die Lombardini-wildreservaat buite Jeffreysbaai nadat die tweede beskermende plaat op haar neus gesit is. Sy sal eersdaags ’n baanbreker-operasie ondergaan.             Foto: VERSKAF

Hope, geliefde renosterkoei van die Lombardini-wildreservaat buite Jeffreysbaai nadat die tweede beskermende plaat op haar neus gesit is. Sy sal eersdaags ’n baanbreker-operasie ondergaan. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JEFFREYSBAAI se Lombardini-renoster, wat ’n wrede stropingsaanslag in Mei verlede jaar oorleef het en intussen Hope gedoop is, sal eersdaags ’n baanbreker-operasie ondergaan.

In dié operasie, ’n eerste in sy soort op ’n renoster, gaan Hope onder meer ’n titaanplaat, waarop varkkraakbeen oorgeplant word, oor haar oop sinusholtes kry. Stropers het dié dier se horing tot onder die horingbed (groeiplaat) gekap, dus sal haar horings nooit weer teruggroei nie.

Sy is Hope gedoop omdat sy as ’t ware hoop aan Johan Lottering, eienaar van die Lombardini-reservaat, gegee het dat sy wíl lewe toe sy vier dae ná die aanslag met die gapende neuswonde gevind is.

Uit die vier renosters wat in ’n tydperk van twee weke op dié reservaat net buite Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geteiken is, het net Hope oorleef.

’n Beskermende plaat is kort ná die aanval oor haar oop sinusholtes aangebring, maar sy het die plaat teen al wat ’n ding is gekap en geskuur en dit moes toe verwyder word. So ook met die tweede plaat wat later aangebring is.

Die jongste baanbreker-operasie sal vroeg volgende jaar behartig word deur die dokters Johan Marais van Saving the Survivors, wildveearts Jana Pretorius en die mediese spesialis dr. Nick Duneas, wat hoofsaaklik op menslike amputasies fokus.

Volgens Lottering was die operasie aanvanklik nie ’n ideale opsie nie, maar nou het hulle geen ander keuse nie.

“Hope se kakebeen is geweldig dun aan die een kant. Met die operasie bestaan die moontlikheid dat as sy haar neus stamp, haar kakebeen kan kraak. Gevolglik sal ons haar dan van kant moet maak. En dit is iets wat ons tot elke prys wil vermy.”

Ten spyte van vele operasies sedert die aanval, het haar gapende wond nie voldoende genees nie, sê Lottering.

“In die laaste operasie in Mei vanjaar is rekbare tou oor die wande van Hope se oop sinusholtes gespan sodat die weefsel nader aan mekaar getrek kon word, maar die opening het nie na wense verklein nie.

“Dié dat ons besluit het om nou wel die operasie te doen,” verduidelik Lottering.

Dit is egter ’n lang proses.

Eers sal daar X-strale geneem moet word – ’n ietwat moeilike taak as dit by wilde diere kom. Volgende moet 3D-afdrukke gemaak word om die vorm van die titaanplaat te bepaal.

“Ons hoop om al die voorbereidingswerk teen einde vanjaar klaar te hê om vroeg volgende jaar die plaat in te sit,” sê Lottering.

Daar sal verder varkkraakbeen oor die plaat geplaas word om die herstelproses te bespoedig. ’n Ballon, wat geleidelik opgeblaas sal word, gaan onder die vel op haar heup of boud ingeplant word sodat die vel kan rek.

Dié vel sal dan later oor die kraakbeen op haar neus oorgeplant word. En om dié vel se verdere groei te bevorder, gaan Hope ook tydens die operasie kunsmatig geïnsemineer word.

“As sy dragtig raak, sal dit haar selverde-ling versnel en die natuurlike groei van die vel op haar neus stimuleer,” sê Lottering.

Volgens Lottering sal die hele proses nagenoeg twee jaar duur.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.