Toerisme-ontwikkeling

2017-08-17 06:05

TOERISME het die potensiaal om Kouga se ekonomie te versterk.

Een van Jeffreysbaai se groot toerisme-aantreklikhede, Dolfynstrand, het die afgelope jaar weereens Blouvlag-status ontvang. Ons het ‘n stappie verder gegaan en die toring vir die lewensredders en die Skulpieshuisies opgeknap in samewerking met die sakesektor.

Die munisipaliteit het ook meer geld inge-skop in die JBay Winterfest. Die jaarlikse fees sluit onder meer in Afrika se grootste internasionale branderplankry-kompetisie, die Corona Open JBay, in. Die Winterfest het vanjaar ongeveer 50 000 besoekers van reg oor die wêreld getrek en R45-miljoen tot die plaaslike ekonomie bygedra. Paaie in die omtrek van die feesterrein is ook herseel en die houtdekke en loopplanke by Supertubes sal in hierdie boekjaar versterk word.

Die SA Junior Branderplankry-kampioenskappe het ook in 2016 in Kouga plaasgevind en sal weer vanjaar hier aangebied word. Ons onderhandel tans met die organiseerders om die kompetisie vir ten minste die volgende drie jaar te kan aanbied.

Nog ‘n groot toerisme-sukses was Expedition Africa, ‘n uithoukompetisie wat in Mei 2017 vir die eerste keer in Kouga aangebied is en deelnemers van regoor die wêreld getrek het.

Kouga maak ook tans naam vir oopwater-swem. Die SA Oopwaterswem-kampioenskappe is in Desember 2016 weggeneem van Nelson Mandelabaai en na die Marina Martinique op Jeffreysbaai verskuif omdat daar kommer was oor die kwaliteit van die water by die Metro se Noordeinde-meer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.